Welcome To Radio SAM-South African Music

Afrikaans is Groot


 

IN EUROPA


 






South African Music Artist Homepage and Blogspots With Links:
WEB PAGE TITLE GOES HERE
Op 27 is die meeste jong Suid-Afrikaners gelukkig met ’n kwalifikasie en, selfs beter, ’n  vaste werk om hulle drome te help bou. Op hierdie ouderdom het Willem pas teruggekeer vanaf Europa waar hy geskiedenis gemaak het as die eerste Afrikaanse kunstenaar wat deelgeneem het aan die merkwaardige Eurovision Song Contest.

Hy was deel van die span van Belarus en het deurgedring tot in die finaal. Meer as ‘n 100 miljoen kykers het die finaal in 44 lande gevolg. ‘n Droom wat bewaarheid is vir Willem! Hy het ook reeds opgetree in onder meer België, Nederland, Luxemborg, Swede en Dubai.

Willem aanvaar nie enige aspek van sy hoogs kleurvolle loopbaan as vanselfsprekend nie, en hy dryf homself en sy Godgegewe talent tot die randjie van selfs groter dinge. “Ek lewe my droom,” vertel hy. “Ek het altyd geweet ek wil meer as ’n musikant wees. Ek is ’n vermaaklikheidskunstenaar in elke sin van die woord.” As sanger, danser, akteur en meer onlangs ook liedjieskrywer, is hy op ’n nuwe groeikurwe – tot voordeel van die ewig-stygende getal bewonderaars wat ’n liefde vir wêreldklas vermaak deel.

Om te bevestig dat daar nog baie is waar die vorige twee albums vandaan gekom het, merk Julie 2012 die vrystelling van sy se nuutste 14-snit album. My Stem Is Joune spog met ’n vlak van volwassenheid en eerlikheid wat aanhangers van 2006 se baanbrekerdebuut Kô Ma Hier en 2010 se SAMA-genomineerde opvolger Sê My Nou sal bekoor. Die album is gevul met kragtige vooruitgang. “Ek was mede-skrywer op die album en het Vat Oor By My Jesus en Breek Op In Stereo’ geskryf en ook help skryf aan Sad Song, en ek’s mal oor die hele proses,” vertel hy. “Hierdie album het alles vir my verander.  Die liedjies is ongelooflik sterk danksy die wonderlike span talentvolle liedjieskrywers Johan Oberholzer en Machiel Roets. Roets, bekend vir die treffer My Lewe Draai Om Jou (die titelsnit van Liefling Die Movie) het  Sad Song gehelp skryf, terwyl Oberholzer agt liedjies bygedra het, insluitende die titelsnit van Botha se nuwe treffer-besaaide versamelstuk.

Al is Willem reeds suksesvol, pak hy elke dag oopkop aan en is gretig vir enige uitdaging wat die bedryf oor sy pad bring.  Musiek is ook net een faset van sy veelsydige gawes. Ná sy filmdebuut in  2010 se Liefling, Die Movie (amptelik die mees suksesvolle Afrikaanse rolprent ooit), is dit opgevolg in 2012 met ‘n rol in Pretville. Middel 2011 het Willem ook een van die hoofrolle in die musiekblyspel oor die grensoorlog, TREE AAN, vir twee uitverkoopste seisoene vertolk. Middel 2013 merk sy deurbraakrol en ook  sy TV-debuut in die drama, Donkerland, uit die pen van bekroonde Deon Opperman. Middel 2014 merk sy terugkeer na die teater met ‘n hoofrol in die musiekblyspel, Reik Na Die Sterre.  “Ek glo nie in geluk nie,” sê hy, op die man af. “Jy maak jou eie geluk. Ek werk ongelooflik hard, elke dag, om geleenthede te vind en my met wonderlike mense te omring waarmee ek saamwerk.”

Met tyd kom ondervinding en volwassenheid, twee eienskappe wat hy inspan met elke kans wat hy kry. “My stem het ongelooflik gegroei en verbeter,” reageer hy as mens hom vra hoe My Stem Is Joune met sy vorige twee vrystellings vergelyk. “Die algehele klank van elke liedjie is sterk. Die kwaliteit en produksie is ook beter as ooit. Ek skryf oor die lewe en ondervindings wat ek gehad het, so daar is ’n vlak van eerlikheid en integriteit waarop ek baie trots is.”

Wanneer dit kom by die musiek wat hy skryf, sing en uitvoer, is Willem nie aanstellerig oor enige aspek nie. “Ek gee nie om wat ek sing nie,” voeg hy by. “As mense dit geniet, dan is dit wat my gelukkig maak.”

Vir Willem is dit niks nuuts om die verhoog met kunstenaars soos Steve Hofmeyr te deel nie en is gaskunstenaar op sy Haloda, DVD wat September 2012 uitgereik is. “Dis altyd ’n groot voorreg om genooi te word om saam met Steve te werk,” sê hy. Ek hou daarvan om lewendig op te tree en om op die verhoog te wees. Dit is waar ek in my element is. Dis waar ek regtig tevrede is.”

Hy is puntenerig oor die klein dingetjies en dring daarop aan dat alles wat hy aanraak die beste moet wees wat dit moontlik kan wees. Willem het werk gemaak daarvan om elke aspek van My Stem Is Joune te beïnvloed – regdeur tot by die kunswerk wat die omslag versier. “Ons het die omslag geskiet op ’n perdeplaas buite Pretoria,” vertel hy. As ’n Springbok-ruiter, maak hy steeds tyd in sy besige skedule om perd te ry by sy broer, ’n perde-afrigter, op die plaas. “Ek het grootgeword op ’n plaas naby Riversdal, so ek gryp enige kans om op die familieplaas te gaan ontspan.”

Een luistersessie van My Stem Is Joune sal langdurige aanhangers tevrede stel in die wete dat die beste dele wat hulle in Willem Botha leer ken en liefkry het, nog steeds ongeskonde is. “Ek het selfs ’n club mix van Breek Op In Stereo, sowel as ’n medley van drie liedjies van my debuut, Kô Ma Hier, ingesluit,” sê hy. “Ek sing die medley by amper al my vertonings. Nou kan aanhangers vir die eerste keer die ervaring saam met hulle huis toe vat en dit kliphard speel.”

Willem weet van watter kant die wind waai, en maak tyd om te reageer op elke aanhanger wat kontak maak op sy sosiale media platforms. “Ek’s baie aktief op Facebook en Twitter,” wys hy uit. “As my bewonderaars die moeite doen om met my te praat, wil ek die dieselfde doen. Sedert die begin van Idols was ek baie aktief aanlyn. Dis ’n goeie manier om in voeling te bly met die mense wat my toelaat om aan te hou doen waarvoor ek lief is.”

Willem Botha het dalk reeds sukses geproe maar hy is honger vir nog en meer as bereid om die maaltyd self voor te berei langs die pad. “Daar is ’n goeie gesegde wat ek aangepas het. Dit het vir my ietwat van ’n mantra geword  wat opsom hoe ek my lewe lei. Dit gaan so: “Die hysbak na drome is gebreek, so ek klim die trappe.”

Tussen familie en goeie vriende wat hom almal help om sy voete op die grond te hou, en ‘n sterk bestuursspan wat ewe veel belê het in sy toekoms, omring Willem homself met talentvolle mense. “Wat ek doen is dikwels vol uitdagings,” sluit hy af. “Hoeveel mense kry die kans om te doen wat ek doen? Daar gaan nie ’n dag verby wat ek nie stop en dankie sê vir elke geleentheid wat ek kry nie. Hopelik hoor aanhangers dit in die liedjies, en veral wanneer ek lewendig optree en hulle persoonlik kan bedank.”

Homepage-Website
Link
http://willembotha.com/
 

 

Gebore op 30 Maart 1978 in Pretoria, het hy na skool Boukunde en Konstruksiebestuur gestudeer voordat hy vir sewe jaar lank in die boubedryf gewerk het. Maar die passie om musiek te maak het hom voortdurend daaraan herinner dat hy iets anders wil doen en teen 2005, het Bok bouwerk van ‘n ander aard aangepak deurdat hy as professionele musikant aan sy bewonderaarsbasis begin bou het. Vier albums en ‘n hele rits toekennings later, is Bok een van die land se mees herkenbare stemme en gesigte in die vermaakwêreld, veral nadat hy oor die laaste drie jaar ook gereeld in Suid-Afrikaanse films te siene was.

Bok se musiek spreek van ‘n liefde vir sy land en sy mense met ‘n sweempie humor wat hier en daar bygevoeg word. “De La Rey,” die eerste album met die gelyknamige titelsnit, het mense laat regop sit en notisie neem en multi-platinum verkope is behaal. In 2007 het Bok drie Huisgenoot Tempo Toekennings gewen, asook vyf Vonk Toekennings en die MK Musiekvideo van die Jaar. Tussendeur dit alles, help hy ook met die vervaardiging van die rugby musiekalbum “Ons Vir Jou” wat meer as 90 000 kopieë verkoop soos wat Wêreldbekerkoors die land oorheers. Daar word ook gewerk aan die opvolgalbum, “Afrikanerhart,” wat in 2009 vrygestel word en vinnig dubbel platinum verkope aanteken. In 2010, wen Bok die SAMA vir Bes Verkopende Album vir “Afrikanerhart” en word hy ook aangewys as die top verkopende Suid-Afrikaanse kunstenaar van die jaar.

Na die vrystelling van sy derde album, “My Kreet,” skaars ‘n jaar later, ontvang hy ‘n goue ere-toekenning by die 2011 Vonk Afrikaanse Musiek Toekennings. Dis ook in 2011 wat Bok as die hoofakteur in die film Platteland verskyn teenoor Lianie May en Steve Hofmeyr. Die rolprent word die grootste Afrikaanse film van die jaar en die DVD verkope bereik dubbel platinum status. Die situasie herhaal homself in 2013 toe Bok in die film “As Jy Sing” verskyn en dit die grootste Afrikaanse rolprent van die jaar word. Rondom dieselfde tyd wat die DVD vroeg in 2014 uitgereik is, verskyn Bok weer op die grootskerm in “Vrou Soek Boer.” Bok gaan ook in “Leading Lady,” ‘n internasionale rolprent wat later in 2014 vrygestel word, verskyn.  En hoewel als in groot geheimsinnigheid gehul is, is daar ook bevestig dat Bok aan nog ‘n ander rolprent gaan begin skiet in 2014.

Bok se vierde album, “Steek die vure aan,” word tydens Braaidag en Erfenisdagverrigtinge in 2013 bekendgestel aan ‘n handjievol media, mede-kunstenaars en lojale bewonderaars wat vinnig genoeg kaartjies kon bekom. Verkoopsukses is hoofsaaklik te danke aan die gewildheid van die eerste treffer, “Land van melk en heuning,” ‘n tipiese Bok testament van kragtige lirieke, ‘n dieper betekenis en iets wat trots aanwakker. Die CD was die top verkopende album in die land vir ses weke en “Land van melk en heuning” het die nommer 1 posisie op verskeie radiostasies se treffersparades gehaal. Die tweede treffer is die titelsnit self en het reeds die nommer 1 posisie behaal op verskeie stasies, insluitende beide Jacaranda FM se treffersparades, die Afrikaanse Top 20 en die Kia Top 20.

Bok is mal daaroor om te toer en optredes te hou. Twee persoonlike hoogtepunte vir hom was die eerste Afrikaans Is Groot konsert in 2012 voor ‘n skare van 28 000 mense in Pretoria en die daaropvolgende jaar se Afrikaans Is Groot konserte in Pretoria en Kaapstad voor 70 000 mense. Die DVDs van die konserte het ook onderskeidelik dubbel platinum en platinum status bereik met laasgenoemde wat steeds van die winkelrakke afvlieg. Bok is ook ‘n direksielid van die Afrikaans Is Groot Bestuurskomitee en ‘n aktiewe lid van die Hanna Liefdadigheid- en Bemagtigingsorganisasie. Hy het ook reeds twee keer deelgeneem aan die Bikers for Mandela Day inisiatief.

Bok glo vas daaraan dat bewonderaars nie altyd besef hoe baie hul lojaliteit en erkenning vir kunstenaars beteken nie. Juis daarom maak hy ‘n punt daarvan om met hulle te kommunikeer en op die hoogte te hou van waarmee hy besig is, hetsy by konserte of deur sosiale media. Daarvan getuig die meer as 120 000 volgelinge op Facebook en die meer as 68 000 Twitter volgelinge. Naas die bewonderaars, is Bok ook baie trots op sy assosiasie met borge soos Blaser, Sensation Boats, Samsung, Guvon Hotels, Titleist, The Dental Spa en Kingsley Heath en maak hy seker dat hulle gelukkig is met hul verhouding met hom.

Bok is ook mal daaroor om saam met ander kunstenaars te werk en het reeds liedjies opgeneem saam met Steve Hofmeyr, Valiant Swart, Robbie Wessels en Die Heuwels Fantasties. Hy is ‘n gewilde persoonlikheid in die Suid-Afrikaanse media en verskyn gereeld in koerante, tydskrifte en aanlyn, asook op radio en TV. Op TV het Bok ook al as aanbieder verskyn op programme soos die eerste seisoen van Toks & Tjops, gasaanbieder van Jukebox en Bok vir Sports waarvan die nuwe seisoen in 2014 vervaardig sal word en vroeg in 2015 uitgesaai sal word. Bok het selfs sy stem dik gemaak op die radiogolwe en in Maart 2014 vir drie dae lank as Anna Visser se mede-aanbieder op OFM se Breakfast Special verskyn. Bok se belangstellings en stokperdjies sluit in, die buitelewe, diepseehengel, jag, gholf, die bosveld en braai.

“Dis in my bloed. Ek geniet musiek maak. Geniet is miskien nie ‘n sterk genoeg woord nie. Ek is mal daaroor. Mal daaroor om te sien hoe mense aanklank vind by my lirieke, hoe hulle saamsing… mal daaroor om te hoor by my bewonderaars hoe ‘n liedjie hulle lewe geraak het of net hul gemoedstoestand gelig het. Ek voel geseënd om te kan sê ek geniet wat ek doen.

Homepage-Website
Link
http://bokvanblerk.co.za/
 

 

Die Namibiese skoonheid was vanaf  ‘n jong ouderdom reeds aan musiek blootgestel. Komende uit ‘n baie musikale gesin het sy van vroeg af voor die klavier ingeskuif en haar talent en passie vir musiek was duidelik sigbaar.  In 1996 het sy vir die eerste keer aan Crescendo,  saam met Joe Niemand en die bekende komponis en liedjieskrywer Machiel Roets, deelgeneem .  In 2000 het sy die beoordelaars betower en met die gesogte titel weggestap.

Haar gewildheid in Namibië het vinnig toegeneem en sy is ook as wenner by die Jubeljaarfees aangewys.  Die wenners by die fees het almal op Pasella verskyn en dit is hier waar gospel sanger Louis Brits haar raakgesien het.  Hy het haar gevra of sy sou belangstel om saam met hom te toer.  Sy sou egter ‘n  keuse moes maak tussen gospel musiek en die sekulere mark.  Haar hart het haar net in een rigting gelei en sy het op 19 jaar haar tasse gepak en na Pretoria verhuis.  Sy het saam met Louis as agtergrondsanger getoer, maar het talle kere self die gehoor met haar eie komposisies vermaak.  So dat sy uiteindelik haar eie platekontrak by Maranatha losgeslaan het.

Met die sukses van haar eerste album, Oopmond het sy besluit om die waters oorsee te gaan toets.  Haar nederigheid en onwrikbare passie het talle harte in London, Holland, Frankryk en Engeland verower en sy het ook ‘n Europese verspreidingskontrak met Authentic geteken.  Terug in Suid-Afrika maak sy in 2001 verder opslae by die Geraas Toekennigs, waar sy as beste nuwe kunstenaar saam met Karen Zoid, asook beste Gospel Sanger aangewys word.  Die Lier toekenning wat sy vir Beste Vroulike Vokaal en Beste Nuwe Kunstenaar ontvang het was ook geen verrassing  nie.

Haar tweede album, “The Cure” asook haar derde album, “Someone with Skin” was meer Engels en op die oorsese mark gerig, maar dit is steeds in Suid-Afrika opgeraap.

Riana het intussen by projekte saam met Retief Burger by die “Godly Revolution” en “Youth Revolt”  bewegings betrokke geraak.  Sy verskyn ook op die “Peacemaker” en Onbeskaamd albums.  In 2010 het sy ‘n duet saam met haar suster, Nianell op haar album Sand & Water opgeneem.

In 2011 het Riana besluit dit is tyd vir ‘n wending in haar musiekloopbaan.  Sy het hande gevat met die platemaatskappy, Coleske Artists waar sy haar buiging in die sekulêre mark gaan maak.  Dit is ‘n unieke skuif aangesien meeste kunstenaars gewoonlik eers  ‘n sekulêre album en dan  ‘n gospel album opneem.  Riana voel ook sy het nie haar waardes en geloof verraai deur af te wyk van die gospel mark af nie.  Net soos haar gospel liedjies, bevat haar sekulêre album diep, hartroerende boodskappe wat veral op paartjies en selfs op enkellopendes gemik is.

Haar album, “Die Moeite werd” het die dubbel platinum merk (80 000 eenhede) oorskry en met 5 nommer een radiotreffers word sy beskou as een van die grootste vroulike kunstenaars in die land.  In 2012 het sy weggestap met die Tempo Toekenning vir die gewildste Pop album en by die Ghoema Toekennings in 2013 deel sy die gesogte titel van Liedjieskrywer van die Jaar met Johan Vorster.

Sy skryf ook liedjies vir talle plaaslike kunstenaars insluitende Juanita du Plessis, Jay, Lianie May, Bobby van Jaarsveld en nog vele meer.  Haar gewilde treffers “Dans” en “Timbuktu” is op die klankbaan van die romantiese komedie “Semi-Soet” gebruik en ook “Maak oop jou oë” het ‘n oomblik in “Klein Karoo” soveel meer onvergeetlik gemaak.

Riana Nel se borrelende persoonlikheid en eindelose talent is ‘n wenkombinasie wat tot diep binne in jou siel kruip met haar lirieke en onvergeetlike vertonings.  Sy laat jou lag, huil en wegstap met ‘n verrykende gevoel van emosionele oplewing.   Hou vir Riana dop, sy gaan diep spore in almal se harte trap met haar sagte hart, nagtegaal stem en warm glimlag.




Homepage-Website
Link
http://riananel.co.za/
 
 

 

 

 

 
 

 

 

 

 

"I am a young singer who has entered the music industry not long ago.  I look forward to all the challenges and opportunities.  I am positive about my future as a singer and know that I have to take it step by step.  Although I might not be where I want to be right now, I know that i am right there where God wants me to be.

I sing Afrikaans and English songs.  My playlist always have a variety of songs, i.e country, pop & rock ballades, as well as my original songs.  I enjoy every moment of my show and can give you the assurance that you will not be disappointed with my appearance.  I am friendly, well prepared and always on time."








Homepage-Website
Link

http://karlachristene.com/
 

 

Met ’n nuwe klank wat ’n ander sy van Afrikaans ten toonstel, bring Leah, gebore en getoë in Bellville, Kaapstad se noordelike voorstede in die kollig as die oorsprong van alles wat vars is – en musiekliefhebbers gaan mal wees daaroor!

“Ek gaan stroom-op,” vertel Leah van Niekerk. “Ek wil hê my musiek moet mense wys Afrikaanse musiek het meer om te bied as wat hulle verwag. My klank is totaal bekend en gemaklik maar daar is ook die subtiele nuanses wat die evolusie aanvoer van musiek wat ek baie liefhet.”

Sy is nie net toegerus met ’n 14-snit debuut wat vroeg in 2015 die lig sal sien nie – Leah is ook ongelooflik goed gekwalifiseerd op vele vlakke. Sy het ‘n BCom (Regte) agter haar naam en opleiding aan die Waterfront Teaterskool, en het grootgeword in ’n huis gevul met deuntjies van haar pa se keuse. “Musiek is in my bloed,” voeg sy by. “Albei my ouers ondersteun my geweldig. My ma was nog altyd ’n voorstander daarvan dat ek eties and eerlik is in alles wat ek doen, wat dalk vreemd mag klink – maar dit is eienskappe waaraan ek hard werk en oral toepas.”

Ná inskrywings in ’n magdom musiekkompetisies, met TV-advertensiewerk tussenin, het Leah se groot deurbraak gekom in die vorm van modelwerk: sy is raakgesien in November 2011 in Rapport se Model van die Jaar-kompetisie wat sy ook gewen het. Kort daarna het die vermaarde liedjieskrywer Johan Vorster haar hoor sing en onmiddellik aan die werk gespring om haar binne maande ’n opnamekontrak te verseker.

Terwyl sy gewerk het aan haar langverwagte solo-debuutalbum, is die sangeres, wat in haar twintigs is en onlangs getroud is, ook genooi om in die hoogs-aangeskrewe silwerskermsukses As Jy Sing te sing en toneel te speel. “Dit was ’n ongelooflike ervaring. Soveel so dat ek elke oomblik geniet het en dit met liefde weer sal doen,” deel sy mee.

Johan en Christof Kotze het 13 van die 14 snitte geskryf op hierdie koel versameling saamgeselsliedjies wat Leah se toetrede verteenwoordig. Die uitsondering is Leah se betowerende interpretasie van Christina Perri se trefferenkelspeler “A Thousand Years”.

“Wat ek doen is meer kontemporêr as pop,” verduidelik Leah. “Dink aan vroëe Rihanna, gemeng met ’n bietjie Jason Mraz, ‘n tikkie Jack Johnson daarby, met ’n groot skep passievolle organiese varsheid, en dan kom jy hopelik by my uit.”

Snitte soos Ek Moes Jou Gesoen Het, met Bobby van Jaarsveld as gaskunstenaar, getuig van Leah se vernuf, van begin tot einde. “Ek wil net optree en musiekmaak,” gee sy toe. “Toe ek grootgeword het was Laurika Rauch and Karen Wessels se Hoe Durf Jy name en liedjies wat so by my aanklank gevind het dat ek hulle navolg en alles waarvoor hulle en hul musiek staan. Maar hierdie keer lewer ek dit op my eie terme.”

Sy is popmusiek se mezzo-soprano, behendig en tersiêr opgelei – Leah is alles behalwe ’n oornagsukses of ’n verskietende ster. Wat sy is, is 100% oorspronklik, dapper en krities oor musiek wat vir vele ander week in en week uit deug as agtergrond vir partytjies. “Ek dryf myself elke liewe dag, wat my stem betref, fisies en emosioneel, om my beste te gee in alles wat ek doen,” deel sy mee. “Anders, wat is die punt?”

Om haar stembande uit te daag, en haar gehoor saam te nooi vir die uitstappie is iets waarin Leah uitblink. “Ek beoog altyd om my luisteraars op ’n reis te neem,” vertel Leah. Stel jouself voor ’n hoë C, klavier, ’n bietjie ligte kitaar, en funky, ongewone en totaal moderne vertolkings van die wêreld om haar – Leah het bewys sy is die ware Jakob, selfs voor die eerste van baie nommer-een treffers sy merk vind.

“Ek het grootgeword en geniet my lewe,” sluit Leah af. “Ek is meer volwasse as toe ek in die musiekbedryf begin het. Vandag is ek gevestig en geheel en al betrokke by wat ek wil behaal. Ek weet wat ek wil hê en daarmee saam kom insig en die besef dat dit die moeite werd is om te wag vir goeie dinge.”

Baie soos Leah se toetrede tot wêreldwye sukses.

Homepage -Website
Link

http://leahlive.co.za/
 

 

 


 
 

 

 

 

 
 

 

 

 

 
 


 

 

 


 

 

 


 

 

 

 

 

 

WEB PAGE TITLE GOES HERE
 


 

 

 


 

 

 
 

 
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


 

 

 


 

 

 


 
 

 

 

 

 
 
WEB PAGE TITLE GOES HERE
 


 

 

 


 

 

 
 

 
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


 

 

 


 

 

 


 
 

 

 

 

 
 
WEB PAGE TITLE GOES HERE
 


 

 

 


 

 

 
 

 
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


 

 

 


 

 

 


 
 

 

 

 

 
 
WEB PAGE TITLE GOES HERE
 


 

 

 


 

 

 
 

 
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


 

 

 


 

 

 


 
 

 

 

 

 
 


  PARTNER LINKS POLLS VOTEINGS SAM EXTRAS
RADIO SAM EVENTS
OUR TEAM ADVERTISE
MEMBERS GEST BOOK
MUSIC VIDEOS RADIO EENDRAG RADIO STATIONS NEWS LETTER  
  FORUM FAN PAGES CONTACT ROOI BOK SOKKIE EVENTS SITE MAPS SA SINGERS CHAT BOX LINK LIST  
  SPONCERS OUR LINKS TOPLIST BOERVOLK RADIO COOK BOOK TRAVEL RADIO INFO LINKS  

Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden