Welcome To Radio SAM-South African Music

Boere Music

 

SOUTH AFRICAN BOERE MUSIC AND VOLK MUSIC

Hartlik welkom by die webtuiste van die SUD AFRIKAANSE MUSIK BLAD van Germany wat sedert 2014 toegewy is aan Tradisionele Boeremusiek, ons volkskat en kleinnood.

Ons nooi almal uit om meer oor die SUD AFRIKAANSE MUSIK BLAD en ons tradisionele boeremusiek te wete te kom en dan saam op te pas en uit te bou. Lees meer oor hierdie besonderse styl van konsertina spel asook die verskillende ander instrumente. Daar word ook verwys na verskillende orkeste, hulle opnames en die geskiedenis van die Tradisionele Boeremusiekklub van Suid-Afrika.
U word uitgenooi om nuus of biografiese inligting van persone en orkeste by te voeg – Vandag se algemene kennis en alledaagse gebeurtenis vorm die grondslag van môre se geskiedenis. U bydrae kan keer dat hierdie erfenis vir ewig verlore gaan.
Boeremusiek is a type of South African instrumental folk music. Its original intent was to be an accompaniment to social dancing at parties and festivals.

Boeremusiek is originally European, but once it was brought to South Africa, it gradually changed and became its own style.
A concertina is similar to an accordion and is the lead instrument in most Boeremusiek bands. There are many different types of concertinas, which is why Boeremusiek has so many unique sounds and styles, and the construction the concertina is what makes the different sounds in the Boeremusiek band; it depends on where the slots and holes are put makes the difference on the sound that the concertina makes.Other instruments that might be in a Boeremusiek band would be piano accordions, button harmonicas, accordions, pianos, harmoniums and the guitar, and sometimes, a cello or bass guitar may be seen.

The sound of a Boeremusiek band may depend on what region the band is from, seeing that Boermusiek’s intent is to be informal, instrumental dance music.
Today, there are many successful Boeremusiek bands that have recorded albums. Some famous bands and individual artists today include Klipwerf Boereorkes, Danie Grey, Nico Carstens, Taffie Kikkilus, Brian Nieuwoudt, Samuel Petzer, Worsie Visser and Die Ghitaar Man

 

What is boermusic?

This is a question that has experts pondering for years and can not be answered without a measure of controversy. In short we, The Traditional Boer Music Club, can define Boermusic as instrumental folk music, dating from the period during which the people who practiced it where internationally know as "Die Boere" (The Boers) of South Africa. It is informal music that is played in a distinctive way and was primarily intended as accompaniment for social dancing. For the purpose of this conversation we exclude other kinds of Afrikaans music from the same period like ballads, serenades and music aimed at passive audiences.

What is the Character of Boermusic?

It is nearly impossible to put the rich variety of feeling elements, nuances and sounds that form the essence of Boermusic into words. It is an "experience" of strong and unique character that can not be described in music science terms. The concertina was, and is still to this day, the top lead instrument in Boermusic. Apart from the different types of concertinas that are found in Boer music, there are different dance rhythms and variations in accompaniment. It is striking how each artist often develops a unique and recognizable style. Just as amazing is how the different types of concertinas as well as the different geographical regions created divergent disciplines within Boermusic.

What are the origins of Boermusic?

The origins of Boermusic is like a vine with entangled roots and the development has to be distilled from history and myth. The earliest writings contained no reference to the term "Boermusic" or "Boere orkes" (Boermusic band). It is therefor necessary to search for clues that point to the music in question as light, cheerful, informal and indigenous dance music and not formal or classical music. For that we have to follow references to music-, dance- and song habits during the course of history to determine the inception of Boermusic and how it developed.

Boermusic is largely European in origin and it would be a misconception to think that it was brought to South Africa by the early settlers. Most of it was imported fairly recently but aquired a flavour of its own and remained in vogue here long after it went out of fashion abroad.

How did it get to South Africa?

Whenever a certain dance became popular in Europe or anywhere else, it was not long before it was introduced in the Cape by military bands of the British Empire. Whenever they were off duty, they hired themelves out for parties, weddings and other social events. There where dance masters who taught the new dances to the locals and from there
it spread into the hinterland. It acquired a local flavour and character of it's own in the process. A large volume of Boermusic was consequently composed by local musicans, as is still the case today.

There where also music teachers who noted down local tunes. The first person to do this was Charles Etienne Boniface (1787-1853) who arrived in the Cape in February 1807

 
Mr. Erasmus has won several Artes and OKTV awards, and
some of his albums have been reassigned English titles for international release.
He also holds a record for a performance in a
hot air balloon that was broadcast live on radio.


Boere Danse

[Bron: Die ontstaan en ontwikkeling van Boeremusiek - W.A. Schultz]

Die term boeredans word in hierdie verband gebruik as 'n kollektiewe term omdat dit die kenmerkende dansvorms behels wat aan die betrokke boeremusiekwysies gekoppel word. lnderwaarheid kom al hierdie danse, behalwe die vastrap, vanaf oorsee. Maar al het die danse oorsee ontstaan, het hulle hier ingeburger geraak en 'n besondere karakter aangeneem as gevolg van die kenmerkende eienskappe van boeremusiek.

Die danse wat in Europa se balsale gewild geraak het, het stadig versprei en Engeland die laaste bereik. Daarvandaan het dit betreklik gou na Amerika en Suid-Afrika versprei. In Engeland het verskeie groot danssale gedurende die 18de eeu tot stand gekom, waarvan Almack's die bekendste was. Dit sal interessant wees om te let op die danse wat teen die middel van die 19de eeu in Engeland se balsale gedans was, want dit sal ongetwyfeld 'n weerspieëling vind in die danse wat in Kaapstad gewild was.
Die vernaamste danse in hierdie genre is die wals, polka, seties en masurka, maar daar is 'n ander "indringer", waarvan die ouers onbekend is, en wat in die omgangstaal die vastrap genoem word.

 

Die Masurka
Grove beskryf die mazurka as 'n Poolse volksdans wat op die vlaktes van Mazovië rondom Warskou ontstaan het. Die bewoners van die gebied was bekend as Mazurs, en hulle danse wat uit die argaïse polska ontwikkel het, was in ander lande as mazurkas bekend. Die musiek van die dans is in 3/4-maat, met 'n kragtige beklemtoning van of die tweede, of die derde maatslag, wat gepaard gaan met 'n klop van die dansers se skoen. Gewoonlik neem die danser 'n statiger houding in as by die wals. Die dansers improviseer hulle eie bewegings; daar bestaan geen gevestigde voorskrifte in verband met danspatrone nie. Daar is gewoonlik 'n groep van 8 of 12 pare dansers, maar soms enige onbepaalde getal danspare. Die begeleiding van die vroegste masurkas was op 'n duda, 'n soort doedelsak, gespeel. Oorspronklik was daar ook by die dans gesing. Die dans het reeds gedurende die l6de eeu ontstaan en gedurende die 17de eeu deur die hele Pole en omliggende lande versprei. Nadat die dans deur die hoër klasse van Parys aanvaar is, het die dans Engeland vroeg in die 19de eeu bereik. The Observer van 25 April 1830 skryf asof die dans onlangs ingestel was, of binekort bekend gestel sou word. Rust beweer egter dat die dans eers in 1845 in Engeland bekend geraak het. Miskien is dit waar dat die dans reeds in 1830 in Engeland bekend gestel is en dat dit eers teen 1845 algemeen bekend en gewild geraak het. Vanaf Londen het die dans ook na die VSA versprei. Na die verdeling van Pole het die dans ook in Rusland bekend geraak.

Die groot aantal masurkas wat Chopin gekomponeer het gee 'n aanduiding van hoe gewild die musiekstyl van die masurka was. Ander Poolse en Russiese komponiste het ook klassieke musiek in die masurkastyl gekomponeer.

Daar bestaan 'n advertensie van Monsieur Hus, wat aandui dat die masurka teen 24 April 1848 in die Kaap bekend was. Dit is natuurlik moontlik dat die Britse militêre orkeste bladmusiek van die jongste musiekstukke sou ontvang het, sodat ons met 'n redelike mate van sekerheid kan aanvaar dat die dans ongeveer dieselfde tyd wat dit in die VSA bekend geraak het na die Kaap gekom het.

G.B.S. Darter het in 1853 'n musiekwinkel in Kaapstad geopen, waar hy ingevoerde bladmusiek verkoop het. Die musiekwinkel van Adney het reeds op 6 November 1845 bladmusiek van polkas kon voorsien. Suid-Afrikaners sou dus die jongste oorsese dansmusiek kon bekom. Daar bestaan altyd nog die moontlikheid dat die militêre orkeste van die jongste gewilde wysies aan die breë publiek sou bekendstel.

Die Suid-Afrikaanse Musiekensiklopedie verstrek die volgende interessante inligting wat, onder andere, betrekking het op die masurka:

R. Bands het moontlik saam met die Ryksmagte as 'n blaser na Suid-Afrika gekom. Na sy ontslag het hy in Queenstown gaan woon, waar die naam Bands 40 jaar lank opduik. Bands, die dorp se sipier, was die eerste dirigent van die Queenstown Volunteer Band vanaf 1864, toe hulle maandeliks, of tweemaandeliks, promenadekonserte gehou het in die bekende Hexagon, of in die park. Bands was 'n komponis van dansmusiek; op die Queens Birthday Ball in Maart 1874 het die program van 21 items vier van sy werke ingesluit. Hy het die volgende masurkas gekomponeer:

Gedurende die tagtigerjare het verskeie ander Suid-Afrikaanse komponiste masurkas gekomponeer byvoorbeeld:

 
 
   
   
   

A concertina is similar to an accordion and is the lead instrument in most Boeremusiek bands. There are many different types of concertinas, which is why Boeremusiek has so many unique sounds and styles, and the construction the concertina is what makes the different sounds in the Boeremusiek band; it depends on where the slots and holes are put makes the difference on the sound that the concertina makes.

Other instruments that might be in a Boeremusiek band would be piano accordions, button harmonicas, accordions, pianos, harmoniums and the guitar, and sometimes, a cello or bass guitar may be seen.

 

The sound of a Boeremusiek band may depend on what region the band is from, seeing that Boermusiek’s intent is to be informal, instrumental dance music.

Today, there are many successful Boeremusiek bands that have recorded albums. Some famous bands and individual artists today include Klipwerf Boereorkes, Danie Grey, Nico Carstens, Taffie Kikkilus, Brian Nieuwoudt, Samuel Petzer, Worsie Visser and Die Ghitaar Man

Boeremusiek Instrumente
'n Verskeidenheid van instrumente word in Tradisionele Boeremusiek gebruik. Die instrumente wat hier genoem word verteenwoordig 'n kort opsomming. Die samestelling van instrumente wissel van orkes tot orkes. Die instrument samestelling van 'n spesifieke orkes verander ook soms per geleentheid wanneer musikante gedurende die optrede van instrument verwissel.

Konsertinas
https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/e/e9/A_convertor_free-bass_piano-accordion_and_a_Russian_bayan.jpg

Die konsertina is meestal die hoofinstrument in 'n Boereorkes. Die Afrikaanse volksname vir konsertinas verdeel die instrument in twee breë kategorieë nl."Engelse konsertinas" en "Boerekonsertinas". Die onderskeid word gemaak op grond van die konstruksie tegniek en fisiese voorkoms van die instrument asook die aard van die klank wat dit voortbring.

 
Boerekonsertina
 
 
Boerekonsertina
Engelse Konsertina

Die klassifisering slegs op grond van voorkoms veroorsaak verwarring omdat die internasionale benaming van konsertinas die klassifisering op grond van die knoppie uitleg doen. Instrumente wat op die oog af dieselfde fisiese voorkoms het kan radikaal van mekaar verkil.

Die konstruksie tegniek van Engelse konsertinas gebruik 'n radiale toonkamer uitleg om die fluitjies te huisves.

 
Knoppie aksie
 
Daar is verskillende knoppie rangskikkings en die noot wat voortgebring word kan wissel wanneer die instrument gedruk of getrek word. Elkeen het oor die jare ontwikkel tot 'n spesifieke styl binne boeremusiek en hier volg 'n paar voorbeelde.
Kitaar

Die ritme kitaar vorm die grondslag van begeleiding en 'n boereorkes sonder ten minste een kitaar is ondenkbaar. Die aanslag is sterk ritmies en kan soms die melodie aanvul. Wanneer die kitaar as hoof instrument aangewend word is die karakter steeds onmiskenbaar as Boeremusiek met ritme begeleiding.

Banjo

Net soos met die kitaar word die banjo as ritme instrument sowel as hoof instrument aangewend. Die Ukulele het die voorkoms van 'n banjo en is heelwat kleiner.

Trekklavier

Die trekklavier sowel as die knoppies akkordeon was vir 'n lang tyd in 'n mindere mate in boeremusiek aangewend. Daar is deesdae 'n herlewing onder musikante met hierdie instrument.

Piano Accordions as well as Button Accordions and Button Harmonicas are mostly used for accompaniment. There are also bands that feature them as the lead instrument.

Traporrel en klavier

Die traporrel en klavier word deesdae meestal vir begeleiding aangewend. Tant Bettie Ferns en Chris Buys en Ben Bester het bekendheid verwerf met die traporrel. Tant Carolina Leeson het traporrel sowel as klavier bespeel. Jim Muller was 'n leidende eksponent van die klavier.

16-hole chrom 10-hole diatonic.jpg

 

https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/c/c8/Grand_piano_and_upright_piano.jpg

Die Polka

Die polka is 'n lewendige dans vir pare op 2/4 tydmaat. Die dans word gekenmerk deur drie vinnige passe en 'n huppelpas. Die danspare beweeg teen 'n vinnige tempo terwyl hulle rondom die dansvloer dans. Die dans het in Bohemië ontstaan as 'n groepdans, en het een van die gewildste balsaaldanse geword gedurende die 19de eeu. Musiek met die polka-eienskappe was reeds aan die begin van die eeu deur verskeie dorpsmusikante geskryf vir praktiese gebruik.


Die dans is in 1837 in Praag bekend gestel en het dieselfde jaar in druk verskyn in 'n bundel met die titel "Prager Lieblings-Galoppen für Pianoforte". Gedurende die daaropvolgende jare is talle polkas geskryf deur verskillende komponiste en gepubliseer in bundels van dansmusiek. In 1839 het 'n Boheemse regimentsorkes die polka na Weenen geneem en daardie selfde jaar het dit St Petersburg in Rusland bereik. Die Praagse dansmeester Johann Raab het dit in 1840 in Parys ingevoer, maar dit het eers gedurende 1843-44 'n gunstelingdans onder die Paryse gemeenskap geword.

Die dans is op 11 April 1844 die eerste keer in Londen as 'n verhoogdans in Her Majesty's Theatre aangebied. Die volgende jaar verskyn dit in die V.S.A., waar dit baie grappies om die persoon van die Presidensiële kandidaat, J.K.Polk, uitgelok het. In 1845 is die polka gedans op 'n bal wat die Goewerneur-Generaal ter ere van Koningin Elizabeth aangebied het. Die polka het soveel aandag getrek dat tydskrifte en nuusblaaie vol berigte, beskrywings, illustrasies en advertensies daaroor was. Die dans se triomfantlike reis om die wêreld het gepaard gegaan met verwante Boheemse danse onder verskillende name. Daar het ook baie variasies ontstaan; gedurende die veertigerjare was 'n polka-mazurka, wat die polkapassies met die musiekmaat van die masurka verbind, baie gewild.

In Parys, Frankryk, is die dansmeesters oorval deur die dansende publiek wat die nuwe dans wou aanleer. Cellarius, 'n vooraanstaande dansmeester (na wie die stadige Cellarius-wals vernoem is) het selfs lede van 'n balletgeselskap aangestel as dansmaats vir sy leerlinge, om aan hulle die regte passies te leer.

The Illustrated London News het in April I844 baie krities geskryf oor die polka: "The Parisians had never imported anything more ridiculous or ungraceful than this polka". Binne 'n maand het hulle egter hulle wysie verander nadat die dans in Engeland bekend geraak het. Toe skryf die koerant van die "veritable, or Drawing Room Polka, as danced at Almack's and at balls of the nobility of this country".

Gedurende die laaste helfte van die eeu het bekende komponiste van klassieke musiek, soos Chopin en Waldteufel die polka in hulle komposisies opgeneem. Die Strauss-walskonings het self ook verskeie polkas gekomponeer. 'n Ligte liedjie soos "See me dance the polka" (1886) van George Grossmith was maar een van vele wat op die polka gebaseer is. Die Tjeggiese liedjie "Skoda Lasky" van Jaromir Vejvoda (geb. 1902), wat ook bekend is as "Rosamunde Polka" of, soos ons dit geleer ken het, "Beer Barrel Polka, was oor baie jare 'n gewilde danswysie in Suid-Afrika. Die sanger Dawid de Lange het 'n plaatopname met die titel "Biervat-polka" gemaak (Singer GE334).

Volgens Sam Sly was die polka die oorheersende dans op 'n "Bachelors' Ball" wat in Augustus 1845 in Kaapstad gehou was. Die dans het dus in minder as anderhalfjaar nadat dit in Engeland bekend gestel is in Kaapstad gewild geraak.

Een van die vroegste Suid-Afrikaanse komposisies in die polkamusiekmaat is Charles Holt se "The Cape Colony's Constitution Polka", wat in 1854 deur Saul Solomon en Kie in Kaapstad gedruk is. In laterjare het daar nog verskeie Suid-Afrikaanse komposisies wat as polkas aangedui is verskyn. Die volgende is enkeles daarvan:

Besonderhede van die bladmusiek is gelys in alfabetiese volgorde van die komponiste in die Suid-Afrikaanse Musiekbibliografie. In hierdie naslaanwerk verskyn 'n inskrywing onder die naam Meryl T. Meryl. Dit is die skuilnaam van James Hyde, wat 'n belangrike rol in Suid-Afrika se musieklewe gespeel het vanaf 1875 tot 1908. Besonderhede van die komposisie waarna verwys word is soos volg:

Die werk bestaan uit twee dele: 1. Polka (Vaalhaar), 2. Vat jou goed en trek Ferreira.

Die volgende voetnoot verskyn op p.1 van Vaalhaar: "To fully appreciate this exhilarating melody one must hear it played by a Transvaal Boer upon a German Concertina!!" Dit is dus een van die oudste boeremusiek-wysies wat deur die komponis getoonset is!

Volgens Jan Bouws is die betrokke musiekstuk in 1891 gekomponeer. In Hoofstuk 8 word verder ingegaan op die tweede gedeelte van die komposisie.

https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/4/45/GuitareClassique5.png
https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/5/5f/Cello_front_side.png


Theo Erasmus
Composer, Performer and Former Director of Light
Music (Afrikaans), SABC, also SABC Artes Award Winner


 

https://upload.wikimedia.org/wikipedia/commons/b/bf/Wheatstone_English_Concertina.jpg
Die Wals
Die wals is 'n dansvorm in drieslagmaat, wat die gewildste balsaaldans in Europa geword het gedurende die 19de eeu. Die dans het vir langer as 'n eeu gewild gebly en het ook die belangstelling gewek van die komponiste van klassieke musiek gedurende die 19de en die begin van die 20ste eeu, wat die opgewekte walsmusiek in baie van hulle komposisies ingeweef het. As 'n dansvorm is die musiek tot 'n buitengewone hoë peil verhef.

Alhoewel daar 'n vroeë musiekstuk van 1754 in die walsvorm bestaan, het die dans op walsmaat eers teen die einde van die 18de eeu ontwikkel. In die suide van Duitsland, in Beiere, Oostenryk en Bohemië was danse in drieslagmaat wat bekend was onder name soos Deutscher, Dreher, Weller, en Ländler, gedans. Die eenvoudige, ongesofistikeerde Duitse danse, in teenstelling met die statige minuet, het toegeneem in gewildheid. Die gly- en draaibewegings van die dansvorm het mettertyd gelei tot die naam waltz vir die besondere dansvorm.

In die balsale was 'n onderskeid gemaak tussen die wals en die versamelnaam deutscher vir verskillende danse in drieslagmaat. Amadeus Mozart, wat baie deutscher-en Ländlerwerke gekomponeer het, het nie na een daarvan as waltz verwys nie. In 1786 het egter 'n publikasie met 'n versameling danse, wat ook walse insluit, verskyn.

Gedurende die laaste dekade van die 18de eeu het baie verslae in nuusblaaie verskyn oor die gewildheid van die wals. Daar word op gewys dat die wals die kontradans vervang het. Die gewildheid van die wals het, soos verwag kan word, ook besware van sekere kringe uitgelok.

Weenen, die hoofstad van Oostenryk, het die stad van die wals geword, want daar het die dans alle ander danse in gewildheid oortref. Die wals het alle nasionale grense oorgesteek, en in 1804 is berig dat die Franse dolverlief is op hierdie ligtende, swewende dans. " 'n Wals, 'n wals!" was telkens die uitroep vanaf die dansvloer, want die Franse kon net nie genoeg van hierdie dans kry nie.

Sommige sedewagters oor die openbare moraliteit het natuurlik hulle afkeur oor hierdie "malle gedraaiery" van die wals uitgespreek en dit het eers in 1812 in Engeland posgevat. In die Pruisiese Hof in Berlyn was dit verbied en is eers in 1818 toegelaat, alhoewel Koningin Luis dit reeds in 1794 gedans het terwyl sy nog 'n prinses was.

Toestande in Europa gedurende die laaste kwart van die 18de eeu was maar bra onstabiel en dit is onwaarskynlik dat die dans voor die einde van die eeu na die Kaap sou gekom het. Daar word nie in enige literatuur van die vroee 19de eeu wat oor die Kaap handel na die wals verwys nie. Soos hierbo aangedui, is die wals eers in 1812 in Engeland bekend gestel en dit is hoogs waarskynlik dat die Britse militêre orkeste dit kort na die datum in die Kaapkolonie bekend sou gestel het. Die eerste skrywer wat na die wals verwys is Bird. Hy skryf dat die wals daardie tyd (1822) baie gewild was.

Van die beroemdste komponiste van die 19de eeu, onder andere Beethoven, Schubert, List, en Von Weber, het walse in hulle komposisies ingesluit. Von Weber se meevoerende "Uitnodiging tot die dans" (1819) is welbekend. Hulle komposisies is egter verhoogwerke en nie vir die dansvloer bedoel nie.

Joseph Lanner (1801 - 1843) en Johann Strauss sr. (1804 - 1840) was twee komponiste van die nuwe orde wat werke gekomponeer het wat die wals op 'n hoë vlak geplaas het, wat musikale komposisie sowel as dansvorm betref. Hulle het 'n aantal jare saamgewerk maar die venootskap is in 1825 beëindig. Voordat hulle paaie geskei het, was Lanner se komposisies hoofsaaklik in die Ländlerstyl. Nadat hulle geskei het, het albei hulle op die wals toegelê.

In Weenen het die gewildheid van dans so toegeneem dat groot danssale soos die Sperl in 1807 en die Apollo in 1808 geopen is, laasgenoemde met dansruimte vir 6000 dansers.

Gedurende die dertigerjare het Johann Strauss sr. toere onderneem, na ander Europese lande en sodoende is die wals in al die lande wat hy besoek het goed gevestig. Na Lanner se dood in 1843 is sy mededinger, J. Strauss sr., se plek geneem deur laasgenoemde se seun Johann jr., wat spoedig die bekendste komponis en aanbieder van ligte musiek geword het, wat daar ooit geleef het. Sy musiekstyl het moontlik meer ooreengestem met die van Lanner as die van sy Vader, met die klem oorwegend op melodie instede van op ritme. Na die dood van J. Strauss sr. is die Strauss-familie tot nog 'n groter mate met die wals verbind met die toetrede van die ander twee seuns, Joseph in 1853 en Eduard in 1859. 'n Menigte komposisies is deur die broers geskep maar dit was onder Johann en Joseph dat die wals gedurende die sestigerjare 'n hoogtepunt bereik het, beide wat die dansvorm en musikale komposisie betref het, en ook as simbool van 'n vrolike en elegante eeu.

Johann Strauss jr. se "Blou Donou" en "Verhale van die Weense Woude" is twee musiekwerke wat waarskynlik meer as enige ander klassieke komposisie oor die hele wêreld opgevoer word.

Richard Strauss (11 Junie 1864 - 8 September 1949) het tot gedurende die eerste kwart van die 20ste eeu meesterlike werke wat op die walsvorm gebaseer is gekomponeer, en wat hoë lof verdien as verhoogwerke. Hierdie komponis was nie verwant aan bogemelde "walskonings" nie. Die goue tydperk van die wals as 'n dansvorm het ten einde geloop toe die Oostenryk-Hongaarse monargie gedurende die eerste wêreldoorlog vernietig is.

Die historiese agtergrond van die wals, met beklemtoning van die bydrae van die Strauss-walskonings, word enigsins volledig geskets, aangesien daar waarskynlik 'n spesiale betekenis geheg kan word aan die feit dat geeneen van hulle mooi walse en ander musiekstukke in die boere-musiekrepertorium opgeneem is nie.

Die wals het 'n groot verskeidenheid afstammelinge deur die hele Europa gehad. In Duitsland is sulke variante as die schottische ontwikkel, met draaibewegings soos die van die wals. Frankryk het sy eie balance valse gehad. In Amerika het later hulle eie Boston-waltz ontwikkel- 'n stadiger, swewende variasie. Ongeveer 1840 het die wals 'n sterk mededinger gekry in die polka; die naam is afgelei van die woord polka, 'n "halwe pas". Dit was 'n vurige dans.




NUWE, JONG EN OPKOMENDE SANGERS

NUWE, JONG EN OPKOMENDE SANGERS

Nuwe, jong en opkomende sangers - Neem kennis: Ons het die afgelope tyd geweldig baie navrae gekry van nuwe, jong en opkomende sangers om hulle te bemark. Daarom het ons besluit om soos volg te werk te gaan: Stuur vir ons 'n e-pos na: AndreC27.demo@gmail.com en heg asseblief nie meer as 2 demo snitte daarby aan nie. Die e-pos moet asseblief die volgende bevat: Naam en kontaknommer; e-pos adres; Stad en Provinsie woonagtig; Repertoire. OF Pos 'n demo CD met nie meer as 8 snitte daarop nie, aan ons met al die bogenoemde kontakbesonderhede, ens daarby ingesluit, na: AndreC27 Promotions Posbus 50286 Hercules Pretoria 0030 Van ons kant, sal ons dan na julle demo snitte luister. 'n Afspraak sal met julle gereel word om bemarkingsopsies en terme met julle te bespreek en ooreenkom. Ons hoop om gou van julle te hoor. Groete Andre & AndreSee more

by: André Craucamp

 

 

 

 

 
 

 

 

 

 


Die Settees

Die herkoms van die settees kan terug herlei word na die schottiche, met musiek soos die van die polka, maar stadiger. Dit was 'n sosiale volks-dans vir pare, wat waarskynlik in Duitsland ontstaan het. Dit was 'n gewilde balsaaldans in Europa en Amerika gedurende die 19de eeu. Verskillende dansvorms word beoefen maar die algemene danswyse is drie vinnige passe en 'n huppelpas. Terwyl die dansers rondom die dans-vloer beweeg, draai hulle om mekaar, of varieër hulle dansbewegings. Die musiek is in 2/4 of 4/4 tydmaat.

Grové beskryf die schottisch as 'n rondedans, soos die polka, maar stadiger. Daar is nie ooreenstemming oor die oorsprong van die dans nie. Die dans kon moontlik ontwikkel het deur die invoeging van walswysies in die ecossaice, en na die verdwyning van laasgenoemde het dit voortbestaan as 'n wals in 2/4 tydmaat. Die dans is in 1848 in Engeland bekend gestel as 'n Duitse polka. Twee variante wat bekend was as die Schottisch Boheme en polka tremblante was in 1840 in Parys bekend gestel. Die ecossaice was 'n soort kontradans wat gedurende die vroeë 19de eeu ontstaan het. Dit was 'n vinnige, energieke dans; die musiek was gewoonlik in 2/4 tydmaat. Daar was gewoonlik vier figure, in opeenvolgende kombinasies, deur die danspare gedans. Mettertyd is dansbewegings soos die van die wals uitgevoer.

Volgens Francis Rust was die schottisch in Engeland gewild vanaf 1848 tot 1880. Sy sê die dans was vroeër in Beiere bekend onder die naam Rheinlander. Die schottisch was reeds in 1840 in Parys bekend, en dit was waarskynlik voor 1848 in Engeland bekend gestel.

Daar bestaan 'n advertensie van Miss Woolf, wat vanaf 15 Maart 1849 onderrig in die schottisch (benewens ander danse) sou gee. Geeneen van die advertensies van die ander dansmeesters verwys na die schottisch nie, wat weereens daarop dui dat die dans eers nadat dit in Engeland bekend geraak het na die Kaap gekom het.

Charles Holt, 'n Suid-Afrikaanse komponis, komponeer in 1854 'n musiekstuk met die titel "Darling Schottische" vir die klavier, wat deur die Kaapstadse firma Saul Solomon & Kie., Longmarketstraat 61, gedruk is.

Op 24 Julie 1860 het 'n Britse oorlogskip, die Euryalus, in Tafelbaai aangekom met 'n vrag betonblokke wat vir die breekwater bestem was. Daar het ook 'n belangrike besoeker aan wal gestap - Prins Alfred, die seun van Koningin Victoria. Die hoofdoel van sy besoek was om namens die Koningin die seremonie in verband met die aanleg van die breekwater by te woon.

Die koms van die Prins het blykbaar die musikante geïnspireer want verskeie komposies wat met die Prins, of met sy besoek in verband staan, het die lig gesien. 'n Mej. Kannemeyer het die "Euryalus Waltz" vir die geleentheid gekomponeer. Anna Bender-Brink beskryf die komposisie as "verreweg die aantreklikste stukkie musiek wat ooit van die Kapenaars in hierdie tyd verskyn het". In dieselfde tydperk verskyn daar van WM Ireson in een publikasie die volgende komposisies:

Hierdie twee werke is opgedra aan "Colonel Eustace and The Officers of the Cape Royal rifles" Die voorafgaande gegewens dui klaarblyklik daarop dat die seties teen 1854 so ingeburger was dat plaaslike musikante in hierdie mussiekstyl gekomponeer het.



 

 









 








Current Song:
 
 
  PARTNER LINKS POLLS VOTEINGS SAM EXTRAS
RADIO SAM EVENTS
OUR TEAM ADVERTISE
MEMBERS GEST BOOK
MUSIC VIDEOS RADIO EENDRAG RADIO STATIONS NEWS LETTER  
  FORUM FAN PAGES CONTACT ROOI BOK SOKKIE EVENTS SITE MAPS SA SINGERS CHAT BOX LINK LIST  
  SPONCERS OUR LINKS TOPLIST BOERVOLK RADIO COOK BOOK TRAVEL RADIO INFO LINKS