Welcome To Radio SAM-South African Music

Andriette Norman


MY NAAM IS ANDRIETTE


Andriëtte Norman het reeds in 2007 as ‘n vars vokale vonds in die Suid-Afrikaanse musiekindustrie begin woel. 8 jaar later hou sy steeds aan om musiekliefhebbers én resensente te verras met een puik album na die volgende.

Haar kenmerkende lae register verwissel moeiteloos met betowerende hoë note om nuutskeppings soos “Napoleon”, “Sewe oseane”, “Ons” en “Met ander woorde” - sowel as haar vertolkings van immergewilde gunstelinge - in harte, en ranglyse, regoor Suid-Afrika in te sing!
Oor die verstek van 4 hoogs suksesvolle albums – “Diamant”, “Dink aan my”, “Vat my hoër” en “Wat rym met liefde” - het Andriëtte die lirieke en melodieë van onder andere Rudi Claase, Johan Oberholzer, Vaughan Gardiner, Emil Struwig, Helmut Meijer, Chris Chameleon, Hunter Kennedy, Steve Hofmeyr en Fred den Hartog, sowel as haar eie skeppings, die lig laat sien.
Die albums is uitstekend ontvang, met “Diamant” en “Vat my Hoër” wat goue status behaal het, terwyl “Wat rym met liefde” die kerf van 40 000 verkope verbygesteek en só platinum status bereik het.
Te oordeel aan dié verkope, haar verskeie ranglys-treffers, sowel as die opkoms by haar lewenige vertonings regoor die land, is Andriëtte sonder twyfel een van Suid-Afrikaanse musiek se groot gunstelinge, met nog groter mylpale en hoër hoogtes in die visier!
Andriëtte se splinternuwe album, “Perel vir ‘n Kroon”, word eersdaags vrygestel.

ANDRIëTTE SE VIERDE ALBUM IS WEER ‘N BLINK TOONVENSTER VAN VOKALE SWIER EN VERTOLKSTYL!
Sedert Andriëtte Norman as ‘n vars vokale vonds in 2007 aan die musiekfront begin woel het, het sy musiekliefhebbers én resensente verras en beïndruk met drie puik albums met treffers soos Napoleon, Dink aan my, Vat my hoër en Dinge.


Nou bied sy haar aanhangers weer vokale fluweel op haar vierde album Wat Rym Met Liefde. Dit is ‘n volwasse, kontemporêre album wat spog met talle diepsinnige nuutskeppinge deur onder andere Rudi Claase, Johan Oberholzer, Vaughan Gardiner, Emil Struwig, Helmut Meijer en haarself. Om reg aan die liedjiestyl te laat geskied, het verskeie regisseurs meegewerk: onder andere Murray Lubbe en Werner beukes.

Elke liedjie hierop hét trefferpotensiaal met onmiddellike trefkrag, veral gekenmerk aan mooi romantiese liefdesballades. Die ritmiese openingsnit Sewe oseane en die goedvoel-melancholiese snit Welkom in my hart is gewisse radiotreffers!  Daar is ook kitaar- en perkussiegedrewe werk, onder meer Met ander woorde, Beter as die beste en Ons. Tussen die pragballades is die snitte Wat rym met liefde, Val vir jou, Ja, As een en een twee is, Asof – en, veral die klawerskone Sal jy my onthou. Andriëtte se interpretasie van die tydlose juweel In Love With You fokus op haar weelderige hoër register; gepoets met uitmuntende stemwerk en ‘n swierige strykersverwerking. Dan bekoor sy ook met ‘n meevoerende innigheid, wat haar warm laer register komplimenteer en haar enig in haar klas plaas.

Dan is daar ook twee bonussnitte: Party dae, ‘n kragtige peinsduet met Sarel Fourie: uit die pen van Chris Chameleon, Hunter Kennedy en Fred den Hartog – met produksie deur Johnny de Ridder. Hierdie is ‘n lied wat onthou sal word as een van die kragtigstes in Afrikaans! Die album word voltooi met ‘n herverwerkte (Helmut Meijer) akoestiese weergawe (met snaarwerk deur Sven Blumer) van haar reuse-treffer Napoleon, uit die pen van Steve Hofmeyr.

Andriëtte Norman is bloot ‘n sangeres wat die titel sangeres verdien, want sy kán en mág sing!


BESPREKINGS Alice Gerber 071 604 9325 
admin@andriettenorman.co.za

www.andriettenorman.co.za

Navrae:
Tania Krugel
SELECT-MUSIEK –
SONY MUSIC SE AFRIKAANSE AFDELING
tania@select.co.za

BESPREKINGS Alice Gerber 071 604 9325 admin@andriettenorman.co.za www.andriettenorman.co.za
Vir enige navrae, kontak:
Tania Fourie







 

 



 



 

 

 

 

 
 

 

 

 

 




 


 

 






  PARTNER LINKS POLLS VOTEINGS SAM EXTRAS
RADIO SAM EVENTS
OUR TEAM ADVERTISE
MEMBERS GEST BOOK
MUSIC VIDEOS RADIO EENDRAG RADIO STATIONS NEWS LETTER  
  FORUM FAN PAGES CONTACT ROOI BOK SOKKIE EVENTS SITE MAPS SA SINGERS CHAT BOX LINK LIST  
  SPONCERS OUR LINKS TOPLIST BOERVOLK RADIO COOK BOOK TRAVEL RADIO INFO LINKS  

Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden