Welcome To Radio SAM-South African Music

Robbie Wessels



MY NAAM IS ROBBIE WESSELS


Die reuse trefferliedjie “Leeuloop” word deur Vodacom gebruik vir hul advertensieveldtog en skielik weet die hele land wie Robbie Wessels is. Hierna het Robbie nie opgehou met sy kreatiewe produsering nie. Opvolg albums is,“ Afrika Sonsak“ in 2009, „“Kaalvoet“ in 2011 asook “Als wat ek het“ in 2014. Treffer liedjies op hierdie albums is, Hou Vas Jou Matras, Waar Lê Jy Vanaand? Verbode Vrugte, Leeuloop, Asseblief my lief, Die Coach se Speech, Asetileen en Suurstof, All Blacks teen die All Blacks en vele meer.

Al Robbie se liedjies is oorspronklik en word uit persoonlike ervaring neergepen. Met sy lewenspad kruis Robbie baie interessante mense, wat toevoeg tot al die stories wat hy met soveel deernis vertel deur sy musiek. Robbie het ‚n unieke aanvoeling vir die wereld se dinge en sy mense, dit word duidelik gesien en gehoor deur sy werk en gee hy slegs die krediet aan sy Skepper wat hom hierdie geskenk gegee het om mense te kan vermaak. "Ek is 'n rustige ou wat lief is vir my land, my familie en 'n glasie rooiwyn so nou en dan," sê Robbie.
Robbie is `n kunstenaar eie in sy soort. As akteur, sanger, liedjieskrywer en filmmaker  kan hy jou laat lê van die lag, maar jou ook dieper laat delf in die dinge van die lewe. `n Grapjas is hy beslis, maar dis ook daardie ander sielvolle kant wat hom oor die jare `n groot gunsteling onder Afrikaanse aanhangers gemaak het. Oorspronklik, humoristies, diep. Dit is die drie woorde waarmee Robbie Wessels se werk beskryf kan word.

Robbie is as Vrystater gebore en het op ’n plaas buite Kroonstad groot geword, as Kapenaar gematrikuleer, en as Gautenger het hy sy diploma in Drama by Tshwane Universiteit van Tegnologie gewerf.  In 2002 het hy bekend geword as die karakter Poena in die gewilde TV-reeks Gauteng-alêng-alêng en in 2005 verras hy die land met sy talent as sanger en liedjieskrywer met die album “My Vissermanvriend se Pa”. Hierdie album het 120 000 kopiee verkoop. In 2005 word Robbie by die Huisgenoot Tempo-toekennings as  gunsteling nuweling aangewys en in 2006 word sy tweede album, Halley se Komeet, by die KKNK vrygestel.
"Afrikaanse musiek is nog een van my liefdes en ek hoop dat ek 'n bydrae kan lewer. Dit is 'n plesier om vir die land en sy mense op te tree."

Gepraat van sy vele talente, Robbie en sy broer Hamilton het saam hul eerste draaiboek geskryf genaamd “100 Meter Leeuloop“ Hierdie skreeusnaakse film is tans beskikbaar by dvd-winkels en het sy verskyning op die groot skerm gemaak in 2013. Met die groot sukses hiervan verseker Robbie en Hamilton dat daar wel uitgesien kan word vir nog films in die toekoms.

Robbie se liefde vir teater word ook nie opsy gesit nie, in 2013 maak Robbie sy verskyning in die Jesus Musiekblyspel as Johannes die Doper by die Staatsteater, onderleiding van Deon Opperman. Hierdie rol het vir Robbie baie na aan die hart gele.

Robbie is tans te sien in die plaaslike sepie Binnelanders.

Noemnaam: Robbie

Bynaam: Gomaan
Verjaardag: 30 Oktober 1980
Waar is jy gebore? Kroonstad
Waar het jy skool gegaan? Hoërskool Kroonstad en Hoërskool Strand
Enige na-skool opleiding? Diploma in drama, Tshwane Universiteit van Tegnologie
Waar woon jy nou? Pretoria
Gunsteling musiek: Theuns Jordaan en Koos du Plessis
Stokperdjies: Waterski, visvang, kamp, stap
Lees jy graag? Wat is jou gunsteling boeke? Lees te min, maar hou van Afrikaanse storieboeke asook biografieë.
Gunsteling fliek: Of Mice and Men en Legends of the Fall
Wanneer was jou eerste optrede voor 'n gehoor? By ‘n koshuis op Tukkies se kampus.

Het jy koor gesing en aan kunswedstryde deelgeneem? Ja, en ‘n middelpaadjie gehad.
Wie is jou mentor? Ek het ‘n hele paar.
Wat is die beste raad wat jy nog ooit gekry het? Leef jou lewe.
Watter vyf mense sal jy graag vir ete wil nooi? Leon Schuster, Borat, Will Ferrell, Tanya van Graan, Bono.
Waar sien jy jou loopbaan oor vyf jaar? Ek probeer die lewe dag vir dag vat. Al worry ek soms oor onbenullighede, wil ek nie so ver vooruit beplan nie.
http://www.robbiewessels.co.za


 








 


 



 

 

 

 

 

 

 




 



 

 







  PARTNER LINKS POLLS VOTEINGS SAM EXTRAS
RADIO SAM EVENTS
OUR TEAM ADVERTISE
MEMBERS GEST BOOK
MUSIC VIDEOS RADIO EENDRAG RADIO STATIONS NEWS LETTER  
  FORUM FAN PAGES CONTACT ROOI BOK SOKKIE EVENTS SITE MAPS SA SINGERS CHAT BOX LINK LIST  
  SPONCERS OUR LINKS TOPLIST BOERVOLK RADIO COOK BOOK TRAVEL RADIO INFO LINKS  

Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden