Welcome To Radio SAM-South African Music

Boere Raad


Boererate het ’n gesogte versamelaarsitem geword sedert die aanvanklike publikasie in 1989.Derduisende versoeke op die internet vir tweedehandse eksemplare het ’n heruitgawe ’n móét gemaak. Nou is dié Afrikaanse skat weer beskikbaar!

Boererate is Danie Smuts se versameling van tradisionele mediese rate wat vir allerlei kwinte en kwale voorgeskryf is.Die oorsprong van dié boererate is nie 100% duidelik nie, maar dit word teruggevoer na oorlewering, waarnemings, ondervinding, mites, godsdiens en selfs toorkuns. Behandeling gaan dikwels gepaard met die uitvoer van skreeusnaakse rituele.’n Byna vergete era in die Afrikaanse kultuurgeskiedenis word
in herinnering geroep deur dié vreemdsoortige advies.

Byvoorbeeld – Die volgende stappe word aanbeveel om griep te bekamp:

  • Plaas ’n bottel whiskey en ’n glas saam met ’n brandende kers langs jou bed.
  • Klim in die bed, maak seker jy lê onder baie komberse, en begin geleidelik aan die whiskey teug.
  • Sodra jy twee kerse begin sien, sit die glas neer, plaas die prop terug op die whiskey-bottel, blaas al twee kerse dood en gaan slaap. ’n Waarskuwing vergesel dié raat: Dat die griep binne 24 uur sal verdwyn, is gewaarborg, maar jy mag dalk ’n hoofpyn hê.

Sommige rate dateer terug na ’n tyd toe Afrikaans nog in sy kinderskoene gestaan het en daar nog nie duidelike taalreëls was nie.

 
 
WEB PAGE TITLE GOES HERE
  ’N MOET VIR JOU HUIS/MEDISYNEKAS
Lennon se produkte:
• Balsem Kopiva Niere en Blaas en Rugpyne
• Balsum Sulphiris Hardlywigheid
• Balsem Vita Wit Maagpyn, Koliek, Winde
• Behoedmiddel Diarree, maagpyn, Hoes (Beste)
• Borsdruppels Hoes, Kroep, Brongitis (Beste, beste, beste!)
• Bruindulsies Nier en Blaas
• Entressdruppels Maagpyn, Koliek, Winde, senuweetoestande en slaaploosheid
• Haarlemensies Niere en Blaas
• Lewensessens Ooreet of Hardlywigheid
• Paragoriese-Elikser Diarree, Maagpyn en Hoes (Beste vir maagpyn)
• Peppermintdruppels Maagpyn, Koliek, Winde
• Rooipoeier Hardlywigheid (en Mangels – sien Raad)
• Staaldruppels Stop van bloeding op snye – bloedarmoede, duiseligheid
• Tandpyndruppels Tandpyn
• Witdulsies Lae bloeddruk, wintershande en voete, maagpyn, Koliek, Winde
• Wonderkroonessens Hardlywigheid, Winde en Slegte Spysvertering (Beste!)
Ander by apteek:
• Omega 3,6 & 9 kapsules Help met omtrent alles (die moeite werd)
• Aluin Vir Mangels (saam met Rooipoeier)
• Krokkasalf Eelte
• Oogdruppels
• Oorpyndruppels
• Pleisters
• Samboksalf Aambeie
• Mercurachrome Sere
Huishoudelike moet’s:
• Apelasyn Vir hoë bloeddruk/Puisies/sweetreuke onder arms
• Borrie Vir voorkoming van borskanker
• Cayenne peper Vir omtrent alles
• Kaneel en Heuning Vir Rumatiek en verskeie ander kwale
• Donker sjokolade Vir hoë bloeddruk
• Knoffelhuisies Algehele gesondheid
• Lemoene/Kiwi Vit C
• Suurlemoensap Verskeie – sien raad (’n BESLISTE MOET IN DIE HUIS)
• Tamatiesous Anti-oksidant
• Vars suurlemoene Vir alles
 
IN YSKAS: (vir algehele gesondheid)
1 X 2 LITER WATER MET 2 EETL HEUNING EN 1 EETL KANEEL, DRINK GEREELD
1 X 2 LITER WATER MET 1 EETL BORRIE EN 1 EETL GEMMER, DRINK GEREELD


Verskeie raad word gegee. Gebruik wat vir JOU werk OP EIE RISIKO – elke persoon is anders – daarom sal sekere raad help vir een persoon maar nie vir die ander een nie.
BELANGRIK
BLOEDDRUK: 120/80
BLOEDTELLING: Tussen 150-400 wees
CHOLESTEROL: 5 mmol/L of laer
BLOEDSUIKER: 3.3 TOT 5.9 mmol/l
EKG: Moet een laat neem as jy hartprobleme het of oor 40 is
ALGEHELE GESONDHEID (As jy ’n diabeet is, kry eers mediese raad)
• Vital se Omega 3, 6 & 9 kapsules (3 vette balanseer, 6 nodige vis olies, 9 gesonde are en hartsisteem) NIE VIR JIGLYERS NIE ASB. En ’n Multivitamiene.
• Suurlemoensap in glas louwarm water op leë maag elke oggend (gooi klein bietjie Cayenne peper daarin)
• ’n heel knoffelhuisie 3 x per dag
• 1 x 2 liter water met 1 eetl borrie in, sit in yskas – drink elke dag
• 1 x 2 liter water met 2 eetl heuning en 1 eetl kaneel, sit in yskas en drink elke dag
• 1 eetl. Tamatiesous 3 x per dag of 4 blokkies donkersjokolade ‘n dag (hart)
• Swart rooibos tee of groentee of gewone tee (baie goed) en baie water
• Rooi druiwesap elke dag (Bloeddruk)
AAMBEIE
• Smeer Samboksalf gereeld binne en buite tot pyn verdwyn. (Werk fantasties!). Indien hardlywig, kan dit weer probleme gee. Kan selfs samboksalf eet om die derm end-uit te help genees.
• Sit 2 eetl. Engelse sout in 2liter water in yskas en vat elke oggend ’n sluk daarvan.
AARVERKALKING/VERNOUING (Voorkomend)
• HOU OP ROOK
• Drink Vital se Omega 3,6 & 9 OF net 9), groentee en elke oggend appelasyn in louwarm water op nugter maag
• Eet BAIE neute, drink tee, sitrusvrugte, donker groen groente (BAIE BELANGRIK) en vermy vetterige kos
• Neem Folic-acid tablette (help met voorkoming van verkalking van are)
• Vernouing – eet appels, oats, bruin rys,
ABSESSE – MOND
• 1 tl sout in warm water (moenie brand nie) of verdunde suurlemoensap - spoel mond ‘n volle minuut met ‘n slukkie uit, spoeg uit, neem weer ‘n slukkie en spoel weer vir ‘n minuut voor uitspoeg. Herhaal tot glas leeg is.
• Sit warmwatersak op wang
DIARREE
• Lennon se Behoedmiddel - uitstekend
• Herstel jou maag: Vat sewe heel swartkorrels. Drink 1ste dag 3, 2de dag 4 ens. tot 7 klaar is. Los vir ’n week en begin weer.
• Mezina met water gemeng OF Gerasperde appel (bruin word) of Oorryp piesang of Vars suurlemoensap
DUISELIGHEID
• Lennon se Witdulsies of Sout op tong of Eet beet of Drink yeast pille
DUITSE MASELS (Aansteeklik)
Simptome: Verkoue, hoes, seerkeel, hoofpyn, pyn in spiere, vergroting van limfkknope agter ore, dowwe rooi uitslag veral in gesig en nek
• Swanger vroue bly weg!!!
• Algehele rus nodig in afsondering
SLEGTE EETLUS
• Kry magnesium in (groen blaargroentes, Avo’s, pampoen, sonneblomsade, melk, all bran, pasta
ens.)


SLEGTE LIGGAAMSREUKE
• Vee witasyn, alkohol, apelasyn of koeksoda op areas wat gewoonlik sweet
• Drink Kelp pille
• Bad in water waarin ’n paar koppies tamatiesous gegooi is vir 15 min lank
SLAAPLOOSHEID
• Smeer laventel-olie onder voete
• Drink glas warm melk
• Drink kamilletee
• Eet vars mint of drink dit in koop water

 


ALLERGIEë

• Drink Vit C as antihistamien en smeer Vicks bo-op neus vir moontlike allergieë
ARTRITIS (Sien ook gewrigspyne)
• Omega 3, 6 & 9 0f net 3 kapsules
• Maak 1 x 2 liter bottel water met 2 eetlepel heuning en 2 eetlepels kaneel in en drink 3-4 maal per dag (Sit in yskas) – kan chroniese rumatiek heeltemal genees as gereeld gebruik word. (Dit werk)
• Maak 1 x 2 liter bottel water met 1 eetlepel borrie en 1 eetlepel gemmer aan en drink 3-4 maal per dag (sit in yskas) (Dit werk)
• 1 x 2 liter bottel water met 6eetl Engelse sout met sap van 10 suurlemoene – drink 3-4 per dag
• Sluk 3-4 heel knoffelhuisies per dag (sonder ophou) – passop vir verstik (Dit werk)
• Smeer Horse Liniment aan – vat pyn weg vir ’n hele ruk of kry Arthrexin pille by apteek – (goedkoop)
• Drink ysterpille of eet vleis, groen blaargroentes, eiers, bloubessies, olierige vis, neute, lentils, olywe
• Eet okkerneute, soyabone en vetterige vis
• Eet Geel voedselssorte: Appelkose, Spanspek, pomelo, Lemoene, Suurlemoene, Mangos, Papajas, Perskes, Pynappels, Wortels, Pampoen, rooipepers Botterskorsies, Suikermielies, nartjies en geelpepers
• Die oranje pampoen en rooipepers, lemoensap, komkommersap, wortels en waatlemoen kan artritis voorkom
ANTIOKSIDANTE
• Swart rooibostee – min of geen suiker – 3x per dag
• Drink Groentee, druiwesap,
• Tamaties, sonneblomsade, groen blaargroentes, Heuning, knoffel en borrie
ALZHEIMER/GEHEUEVERLIES – VOORKOMEND
• Omega 3, 6 & 9 kapsules – help met breinfunksie
• Eet baie appels, uie, tee, broccoli, druiwe en cocoa, selderye en eiers en aspersies
• Drink 1 glas rooiwyn of rooi druiwesap elke aand
• Eet pers voedselsoorte: Braambessies, Pruime, Rooi druiwe, Rosyntjies, Beet en Rooikool, Bloubessies en swartbessies
• Eet rooivleis, patat, pere, neute, eiers
• Vit B – B6 (gebakte artappels, piesangs), B12 (Vleis & skulpvis), tiamien (spagetti & vleis), niasien (hoenderbors)
• Neem Folic-acid tablette (help met verkalking van are) of drink Ginkgo Bilopa elke dag – (Uitstekend) (Duurder medisyne) asook Vit B en yster (vleis, groen blaargroentes, eiers, bloubessies, olierige vis, neute, lentils)
• Gaan stap gereeld
ASMA
• Stofsuig matte gereeld of verwyder hulle – was beddegoed, gordyne, kussingslope ens. in baie warm water gereeld
• Eet baie appels, uie, tea, broccoli, druiwe en cocoa
• Drink rooiwyn (1 glas ’n aand) of rooi druiwesap
• Moenie hoesstrope gebruik wat hoes onderdruk nie – slym moet loskom
• Voorkom verkoues en griep en hou op rook
• Mense wat vitamien D3 neem se asma het verbeter
BABBELAS
• Drink original scheden bitter of Lennon se wonderkroonessens
BEDNATMAAK (Kinders)
• Gee kind BAIE water - hy moet dit inhou en laat gaan, inhou en laat gaan – maak spiere sterk
• ½ suurlemoen soggens elke dag in louwarm water
• Laat die kind verstaan dat dit nie ’n probleem is nie. Dit laat hulle gerus en ontspanne voel en dit sal end kry. Moet nie raas en baklei nie. Probeer versigtig uitvind wat pla hulle.
BEENDIGTHEID
• Drink heuningbostee
BEROERTE
• Omega 3,6 & 9 of net 9 kapsules
• Drink 1 tl Gemmer in lou water 3 x per dag
• Suurlemoen in louwarm water met ’n bietjie cayenne peper in 3x per dag
• Drink baie tee – asook groentee met ’n bietjie sitrussap by (Lemoene- Vit C)
• Eet baie piesangs,pomelos en witwortel
• Eet 4 stukkies donker sjokolade per dag.
• Moenie te erg kwaad raak dat dit voel asof jou kop gaan ontplof nie
• Te veel sout verhard jou aarwande
• Drink melk om die risiko te verlaag
BEWERIGHEID
• Neem Magnesium in (groen blaargroentes, Avo’s, pampoen, sonneblomsade, melk, all bran, pasta ens.)
BLAASINFEKSIE (Sien ook Prostaatprobleme)
• Lennon se Balsem Kopiva of Haarlemensies of Bruindulsies vir mindere nier en blaas probleme
• Drink 4 tot 5 glase water ’n dag
• 1 tl Heuning met 2 eetlepels kaneelpoeier in louwarm water soggens en saans – dit vernietig kieme in die blaas.
• Suurlemoensap in louwarm water elke oggend en aand
• Smeer ongegeurde yogurt op branderige aangetaste deel
BLASE
• Smeer suurlemoen op
• Moet nie stukkend steek nie
BLOEDARMOEDE
• Eet Rooi voedselsoorte: Rooi appels, Tamaties, Pomelo’s, Waatlemoen
• Drink Lennon se Witdulsies – dit help ook met duiseligheid of Lennon se Staaldruppels (yster) teen bloedarmoede
• Drink ysterpille of eet vleis, groen blaargroentes, eiers, bloubessies, olierige vis, neute, lentils
• Eet baie vleis
EKSEEM
• Omega 3,6 & 9 kapsules
• Was aangetaste dele met Aluinpoeier of rooibostee
• 1 x 2 liter bottel water met 1 eetl borrie in (Neem 3 x per dag) – dit voorkom ook sweet
• Eet baie pomelo’s en Drink swart rooibostee
• Gebruik Blue seal vaseline, gliserien en Johnson babapoeier – meng en gebruik
• Julle sal nie hiervan hou nie maar smeer urine aan


 

 


BLOEDING

• Sit Lennon se staaldruppels op of suiker of peper of borrie op – antisepties en stop die bloeding
• As dit aanhou bloei beteken dit die bloed stol nie – gaan Dr toe en kry bloedtelling – moet 150-400 wees.

BLOEDDRUK
• Eet rou uie om dit laer te maak
BLOEDSOMLOOP – SWAK
• MOENIE ROOK NIE !
• Omega 9 kapsules
• Skrop jou hele lyf liggies met seep en suiker of sout om goeie sirkulasie aan te help
• Drink Folic Acid tablette elke dag
• ½ tl rooipeper gemeng met ½ tl mostert in louwarm water 2-3 x per dag
• Duur pille – Vascafem (werk uitstekend)
• Drink knoffel om bloed te reinig

BLOEDKLONTE
• Eet swartpeper en mosterdsaad, borrie, naeltjies, rooirissies en gemmer
• HOU OP ROOK !
• Drink 'n bietjie kaneel in louwarm water - dit verdun bloed

BLOU KOLLE
Indien jy vinnig blou kolle kry: ’n Vit C tekort – eet meer lemoene/ Kiwi’s (1 Kiwi is gelykstaande aan 8 lemoene)
BORSTE – HELP TEEN KANKER – voorkomend
• Meer as 3 glase alkohol per dag kan jou kanse om borskanker te kry met 30% verhoog
• Eet BAIE tamaties of tamatiesous
• Sit 1 eetlepel borrie in ’n 2 liter bottel water in yskas en drink elke dag daarvan
• Eet 4 blokkies donker sjokolade elke dag
• Eet soya, spinasie, blaarslaai, kool, pruimedante, neute en sade en sampioene
• Smeer Gousblom aan 3 x per dag – drink dit ook as tee
• Vir knop in bors – smeer sweedse bitters, volle sterkte op bors en drink 3 x per dag mondeliks
• Ek het eers ’n warmwatersak teen die knop gehou en dan ’n yskoue kompressie maar ek het vermoed dis net ’n verstopte limfklier en dit het gewerk – knop het verdwyn (gebruik op eie risiko)

BOSLUISBYT
• Moet nie aftrek nie!!!., smeer vaseline dik aan buitekant – hy versmoor en trek self koppie uit
• Smeer terpentyn aan tot hy self afval of steek vuurhoutjie aan, blaas dood en druk branddeel teen boslys se lyf – hy sal kop uittrek
• Was na die tyd met warm water en seep af

BRANDWONDE (strykyster, stoof ens.)
• Sit dadelik in ys-yskoue water en hou daar totdat dit nie meer so erg pyn het nie. Hou so aan totdat pyn bedaar. Sit dan skoon doek oor en gaan dokter toe as dit baie erg is.
• Klein brandplek – sit tandepasta op
• Bo-op ’n blaas – borasic poeier – dit trek die vog uit die blaas
• Smeer die sap van aalwynblare aan, sal voorkom dat blase vorm

CHOLESTEROL IN BEHEER HOU
• Telling onder 4 = altzheimers en 7 en hoër = hartsiektes
• Omega 3 kapsules
• Eet Piesangs, Uie, Knoffel, Gemmer, Sampioene, Bruin pere, Dadels, Artappels en Pomelo’s, rou groente, rou uie en BAIE MIN BROOD – eet ook wortelsap, uie, pomelos, bruin rys en hawermout
• Sluk 2-3 knoffelhuisies per dag en gebruik olyfolie ipv gewone olie
• Kaneel in oggendkoffie, op roosterbrood en in hawermout om cholesterol te verlaag
• Drink baie tee – asook groentee
• Neem Vit A (neute, salm, haring en tuna) JIGLYERS MAG DIT NIE EET NIE, C (lemoene, kiwi’s of suurlemoene) & E en seleniumpille

DEPRESSIE
• Omega 3,6 & 9 kapsules
• Eet Rooi voedselsoorte: Rooi appels, Tamaties, Pomelo’s, Waatlemoen,Aarbeie, Rooi druiwe, Radyse, Kersies, Rooipepers
• Eet Geel voedselssorte: Appelkose, Spanspek, pomelo, Lemoene, Suurlemoene, Mangos, Papajas, Perskes, Pynappels, Wortels, Pampoen, Botterskorsies, Suikermielies, nartjies en geelpepers
• ½ Suurlemoen in glas louwarm water 3 x per dag
• Drink Naeltjie tee en baie water
• Eet meer neute en sade
• Geel mosterdsaad – kook en laat afkoel – drink saam met heuning
• Vat die Here se hand en vra SY hulp
• Vryf oorlobbe
• Drink seleniumpille, Anti-depressante of Balanced C 30/70
• St Johns Wart wortels – laat trek in water en drink as tee

DIABETES laat jouself toets – of as jy aanhou dors na water of baie, baie water drink van dors
• As jy dit vermoed, MOET jy aandag kry – dit kan blindheid, nier- en hartsiektes veroorsaak
• VERMY KOFFIE!! Dit verhoog die bloedsuikervlak
• Eet pers voedselsoorte: Braambessies, Bloubessies en swartbessies Pruime, Rooi druiwe, Rosyntjies, Beet en Rooikool, Bloubessies en swartbessies
• Eet baie neute of peanutbotter (1el. Per dag), 1 heel knoffelhuisie per dag, Rou uie (nie met maagsweer), Rou wortels en patat, Groen olie van Olywe asook witwortels (dit stabiliseer bloedsuikervlak)
• Praat eers met jou Dokter: Duurder pille (Diabion van Merck) vir voorkoming of Zinplex Magneplex of Balanced C 30/70

(VOORKOMEND – AS DIT OORERFLIK IS)
• Drink 4 koppies koffie ’n dag – dit verlaag jou risiko om diabetes 2 te kry
• Matige drink van bier en wyn verlaag jou risiko – dit help insulien en bloedsuiker reguleer
• Eet pers voedselsoorte: Braambessies, Bloubessies en swartbessies Pruime, Rooi druiwe, Rosyntjies, Beet en Rooikool, Bloubessies en swartbessies
• Praat eers met jou Dokter: Duurder pille (Diabion van Merck) vir voorkoming of Zinplex Magneplex of Balanced C 30/70
 

 

 

 

 

 

 

 

 

 


GAL/BLAAS

• ½ Suurlemoen in glas louwarm water op leë maag elke oggend
• Drink 8 Glase water
• Koop “Bilbon” by apteek – werk soos ’n bom
• Neem 3 eetl olyfolie saam met suurlemoensap oggend en saans
• Vermy suiker en kos wat suiker bevat

GEIRRITEERD
• Kry magnesium in (groen blaargroentes, Avo’s, pampoen, sonneblomsade, melk, all bran, pasta ens.)
GESIG LAM EN SIEN LIGFLITSE
• Teken van beroerte – behandel soos onder Beroertes (KIA – tydelike breinaanvalle)
GEVAARLIKE CHEMIKALIë
• Sigaretrook, Harde margarien in winkelkoekies en pasteie, Nywerheidsgasse soos dioksien, Akrielamied – gebraaide artappelskyfies, koffie, brosbrood en sigaretrook, Asbeshuise, Plastiek bababottels en kleefplastiek in die mikrogolfoond
GEWASSE
• Rooiwyn kan gewasse en ontsteking teenwerk asook Sampioene
GEWIGSVERLIES
• Drink green tea – goed vir die metabolisme
• Eet pers voedselsoorte: Braambessies, Pruime, Rooi druiwe, Rosyntjies, Beet en Rooikool
• Eet groen kosse om gewig te verloor: Groen appels, Lemmetjies, Kiwivrug, Kool, Spinasie, Blaarslaai, Seldery, Komkommers, Broccoli, Aspersies, avokados,druiwe, ertjies, groenboontjies, pere
• Eet rooi en groen appels, Tamaties, Pomelo’s, Waatlemoen, Eet lensies, patat en appels
• Eet selderysop voor etes – dis ’n eetlusdemper
• Chillipepers, salsa, gemmer en mostert kan jou metabolisme versnel en kaloreë vinniger verbrand
• Ruik aan vanielje geursel as jy lus is vir iets soets
• Drink vrugte of groenteskommels
• Brandrissies vertraag die groei van vette – een tl brandrissies ’n dag sal help met gewig verloor
• Dieet met proteiene hou jou langer versadig
GRIEP
• Smeer bad se rand met Vicks, maak vol warm water, hou badkamer deur toe sodat dit kan stoom. Vryf dan Vicks op bors, rug en onder voete – klim in. Terwyl in bad, drink 4 disprins OF Medlemon as jy het.
• Trek warm aan – klim in bed en rus
• Voorkomend: Drink 2-3 knoffelhuisies per dag

GOUT/JIG
• Koop onverdunde Swartkersiesap – verdun 50% met water in 1 of 2 liter bottel en drink 3-4 x per dag – genees amper heeltemal
• Eet baie komkommers of drink baie komkommersap en drink ook baie water
• Uriensuur hoop op in die liggaam dus moet jy dit suiwer – koop Dr Auer’s se Base powder
• VERMY: vleis- bees en skaap, orgaanvleis-brein, lewer, niertjies en soetvleis, Vis-sardientjies, haring, makriel, mossels, kreef, kaviaarsitrusvrugte, piesangs, tamaties, spinasie, sampioene, peule, blomkool, ryk vetterige kos, kragsop, vleisdrupsels, souse en vleisaftreksels, bier en brood asook soetgoed wat gis bevat
• 1 Suurlemoen in louwarmwater op nugter maag elke dag
• Sit ½ tl Engelse sout op tong en sluk af met water as jy pyn verduur
• 1 x 2liter water met 1 eetl Gemmer en ½ tl Rooipeper, skud goed, sit in yskas en drink 3 x per dag
• Eet Pietersielie
• Koop Horse Liniment by die apteek en vryf aangetaste gedeelte gereeld
• Sit koolblare op, vervang twee x per dag vir omtrent ‘n week lank.
• Ander raad: Koop original Schweden bitter en drink gereeld met water
HAARVERLIES
• Vryf klapperolie of Bayrum aan kopvel in elke aand – bedek kop met ’n kappie. (Dit werk nie oornag nie).
• Eet baie spinasie
• Vryf ’n pasta warm olyfolie, 1 eetlepel heunng en 1 teelepel kanneelpoeier – vryf op bles voor badtyd – los aan vir 15min en was af – herhaal 1 keer per week.
HANDE
• Sit room aan en dan handskoene voor skottelgoed was
• Hou handeroom by die wasbak, kombuis, sitkamer, kamer ens. en vryf gereeld in
• Handeroom met ‚n bietjie suiker in verrig wondere – bedek hande as jy in die son kom
HARDLYWIGHEID
• Ontspan, relax!!!!!! Spanning veroorsaak baiekeer hardlywigheid
• Eet Geel voedselssorte: Appelkose, Spanspek, pomelo, Lemoene, Suurlemoene, Mangos, Papajas, Perskes, Pynappels, Wortels, Pampoen, Botterskorsies, Suikermielies, nartjies en geelpepers
• 1 el. Engelse sout in 500ml water opgelos – sit in yskas en neem ’n groot sluk elke oggend op nugter maag.
• Lennon se produkte: Lewensessens, Wonderkroonessens, Rooipoeier
• Eet baie graan – All Bran ontbyt, rosyne ens.
• Drink ‘n glas louwarm water met apelasyn – 30 min voor etes
• Baie yogurt – vekieslik nie-gegeurdes
INSEKBYTE
• Pypolie opsit, Gooi koeksoda in water gemeng of suurlemoensap op (dit sal bietjie brand), Smeer met rou ui, Smeer salmonella olie aan
• Brand salmonella kerse
• Drink ’n heel knoffelhuisie of drink tonic water voor jy uitgaan in so ‘n gebied?
JEUK
• Smeer gewone seep aan of Koeksoda in water of Gemmerpoeier in badwater of vryf met rou ui of vicks
• Sykous gevul met rou hawermout pap – maak aan kraan vas en laat in bad hang
JEUKERIGE KOPVEL
• Eet baie olywe
KANKER (Voorkomend)
• Moenie kos braai op té hoë temperatuur
• Vermy vleis (medium to well-done) – maag, kolon en borskanker
• Drink Suurlemoen in louwarm water elke oggend op nugter maag
• Eet baie wortels, pampoen, knoffel, kiwi’s, aarbeie, vlasaad, bloubessies, en swartbessies, rooipeper , pomelo’s groen olie van olywe, boontjies, ertjies, lentils en helder en donkerblaargroentes, broccoli en brussels sprouts
• Verlaag kans deur groentee te drink met ’n bietjie sitrussap by (Lemoene- Vit C)
• Tamaties en waatlemoene moet by kamertemperatuur gestoor word – dit behou meer likopeen as wat dit in die yskas is.
• 1 x 2 liter water met 1 eetl borrie, sit in yskas en drink 3 x per dag vir voorkoming van Borskanker
• Eet Papaja vir kolon en servikskanker
 SPYSVERTERING
• Yogurt - ongegeurd
• Eet spinasie, blaarslaai en komkommer, hawermoutpap, volgraan ontbyt, rosyntjies, rys, pomelos, papajas en piesangs
• ½ uur voor ete – 1 glas appelasyn in louwarm water
SLIM KINDERS
• Koop Omega 3, 6 & 9 (Smartfish ens.). Daar’s baie op die mark.
SNORK
• Laat die persoon sy gunsteling liedjies sing voor hy gaan slaap – al sing hy hoé sleg
• ’n Paar druppels olyfolie in elke neusgat

BUIKSWELLING
Dis gewoonlik net ’n wind wat vassit of jy hou water terug (sien wateretensie)
• Lennon se Peppermintdruppels, Wonderkroonessens of Jamaika Gemmer
• Om dit te voorkom, drink ’n glas louwarm apelasyn in water ‘n ½ uur voor ete of eet baie yogurt
• Spinasie, blaarslaai en komkommer maar VERMY KOOL

BYSTEEK
• Indien allergies – DADELIK dokter toe tensy jy jou medisyne by jou het
• Skraap angel uit – MOENIE uittrek nie - Sit engelse sout-oplossing op watte op steekwond – bedek met pleister




 


HARSINGSKUDDING

Erge hoofpyn, aanhou braak, word moeilik wakker, stuipe, ander gedrag, swart in oog groter, dubbelvisie, swelling
• Geen alkohol, laat brein rus, lê bietjie, lig kopenent van bed, ysbakke om swelling te verlig
HARTAANVAL – BY VROUE
• Ongemaklike gevoel in bors, kortasem, moeg, naar, braak, duiselig, floutes en geswelde voete

HARTAANVAL – BY MANS
• Swakheid en lam gevoel in gesig, arm or been aan een kant van die liggaam, verward, sukkel om the praat of verstaan, sukkel om met oë te fokus, duiselig, balansprobleem, erge en vreemde hoofpyn
Bel dadelik ambulans 10117 en gee mond-tot-mond-asemhaling indien nodig
HARTKWALE
• Vermy pessimistiese uitkyk, aggressiewe of vyandige temperament
• Borsel tande gereeld - tot 700 bakterieë kan in bloed vrylaat – kan bloedklont veroorsaak (Bloeiende en vuil tande)
• Die dood van iemand en skuld kan ook jou hart skade aandoen
• Omega 3,6 & 9 kapsules
• Drink gereeld Bloubessies- en swartbessiessap, rooiwyn (1 glas ’n dag), swart rooibostee, gewone tee 3 x per dag en drink groentee met ’n bietjie sitrussap by (Lemoene- Vit C), cocoa en swart tee
• Verminder jou soutinname
• Geniet ’n koppie groentee 2 x per dag
• Meng 2 eetlepels heuning en 3 tl kaneelpoeier in 2 liter bottel water, sit in yskas en drink 3 x per dag (Beste)
• Meng 1 eetlepel borrie in 2 liter water en sit in yskas – drink 3 x per dag
• Drink louwarm water met apelasyn 1 x per dag
• Eet Geel voedselssorte: Appels, Appelkose, Spanspek, pomelo, Lemoene, Suurlemoene, Mangos, Papajas, Perskes, Pynappels, Wortels, Pampoen, Botterskorsies, Suikermielies, nartjies en geelpepers, Piesangs, Uie, Knoffel, Gemmer, Sampioene, Bruin pere, Dadels, Artappels, Artappelskille, Broccoli, druiwe Rooipeper, tamaties, ertjies,
• Hartkrampe - Halwe tl Cayenne peper in louwarm water 3 x per dag – hoes hard en lank tot pyn verdwyn
• Ander raad: Zinplex Magneplex of Balanced C 30/70
HEPATITIS
• (Voorkomend) – eet 5 basilblare ‘n dag
HIK
• Sit yssak agter op nek of bruinpapiersak oor mond – haal diep in en uit asem en vra ’n BAIE moeilike vraag – soos wanneer laas het die ou ’n wit perd gesien – die diep denke stop hik heeltemal
HIPERAKTIWITEIT (Kinders)
• Drink Kamille tee en eet Hawermout pap en Licorice
HOES/ BORSKWALE
• Lennon se Borsdruppels – uitstekend
• Droë hoes – 1 tl heuning
• 1 eetl heuning met ¼ tl kaneelpoeier in louwarmwater vir 3 dae (Genees chroniese verkoue, hoes en sinusitus) NIE HEUNING VIR KINDERS ONDER 1 NIE – KAN BOTULISME OPDOEN
HOOFPYNE
• Kry Magnesium (Groenblaargroentes, sonneblom en pampoensaad, melk, all bran, bakbone, pasta en lentils), Yster (vleis, groen blaargroentes, eiers, bloubessies, olierige vis, neute, lentils) en Zink (Oesters, rooivleis, hoender, pampoensade, minder tee en koffie) in.
• Drink ‘n kwart tl gemmer in louwarm water
• HOU OP AANHOU HOOFPYNSTILLERS NEEM (Toxic overload)- dit veroorsaak weer hoofpyne
• Vermy hoofpyne deur nie te stress nie, ’n gebalanseerde dieet te volg, yspak op voorkop, minder op rekenaar werk want rekenaarskerm kan hoofpyn veroorsaak, strek vir 5 minute ’n dag, oefen gereeld, masseer mekaar se voete, kry genoeg slaap, masseer nek en skouers – kry genoeg magnesium, kalsium en vit B2 in
• Drink original scheden bitter
• Drink louwarm asynwater
• Sluk heel knoffelhuisies – passop vir verstik
• Sny artappel in 2 en vryf op slape tot pyn bedaar.
• Moenie iets wat styf is dra nie, vernaam skoene wat druk, dit hinder die bloedsomloop en veroorsaak beroerte.
• Meng ’n bietjie mosterd en asyn en sit dit tussen twee lappies en plaas dit op voorkop. Hy sal nie gou weer kopseer kry nie.
• Trek roosmaryn soos 'n sterk tee en versoet met heuning.
HOOIKOORS
• Eet 3 Piesangs of magnesium pille, drink suurlemoensap in louwarm water elke oggend of drink naeltjietee
Hoë BLOEDDRUK (Die stille moordenaar – oorgewig/menopouse)
• Eet seldery, artappelskille, baie piesangs, pomelos, sonneblom sade, cashews en kidney beans
• Drink die sap van 1 suurlemoen, 2 eetl heuning en 5 rosyne – meng en eet od drink n bietjie apelasyn in slouwarm water elke dag
• Drink 1 glas rooiwyn ’n aand (‘n 2de glas kan hoë bloeddruk en hartversaking verhoog)
• Verminder sout inname – gebruik eerder celdery sout
• Drink 3-4 Knoffelhuisies per dag (moenie verstik nie)
• Drink ‘n lepel van die asyn sous van gebottelde beet - werk goed
INGROEI-TOONNAELS
• Koop Krokasalf en gatjie-pleister. Smeer salf aan probleem toonnael, sit pleistertjie oor met gewone pleister bo-oor dit. Hou oornag aan. As area dood is – vat skerp messie en krap die oorgroeide vel af, sny die toonnael reguit en laat staan. Herhaal elke keer as dit pynlik word. MOET NIE GEBRUIK AS JY ’N DIABEET IS NIE
IMMUNITEIT OPBOU
• Eet baie knoffel, yster (vleis, groen blaargroentes, eiers, bloubessies, olierige vis, neute, lentils), Zinc (Oesters, rooivleis, hoender, pampoensade, minder tee en koffie), Vit B12, Yogurt en baie vleis
INFEKSIES
• Drink daagliks heuning in tee, of in water – heuning kan jou van binne en buite genees – dit vernietig bakterieë
INFLAMMASIE
• Omega 3, 6 en 9 kapsules (baie belangrik)
• Drink 3 heel huisies per dag (anti-fungi, anti-septies en antibiotika) – passop vir verstik
• Sit warm kompressie op plek, hou daar vir 10 minute – vervang onmiddelik my ys-yskoue kompressie – Herhaal weer na ’n uur of wat totdat dit beter voel
• 1 x 2 liter water met 1 eetlepel borrie in, sit in yskas en drink op leë maag elke oggend.
• Eet rou uie
OORPYN
• Maak halwe ui in mikrogolf warm en sit lappie oor en hou teen oor – gaan lê met oor op kussing wat ’n lappie oorhet om oorwaks te keer
• Druk kwart knoffelhuisie fyn, sit in stukkie watte en druk in oor.
• Druppels van louwarm knoffelsap of uiesap kan ook in die oor gegooi word – fyn stukkies moet nie saam in oor in nie
• Drink bietjie rooipeper in warm water om binnekant te red
OSTEOPOROSE
• Kry kalsium en magnesium in (melk, kaas en room)
OUTISME
• Koop en gebruik Zinplex Magneplex (Magnesium)

PAMPOENTJIES (Aansteeklik)
Speekselklier opgeswel, koue, hoofpyn, verlies aan eetlus, pyn in nekkliere, geslagsdele pynlik
• Sit hitte of koue kompressies op
• Geen vleis of vetterige kos nie.
• Vars groente en vrugte
• Sluk 2-3 knoffelhuisies per dag maar sny dit in klein stukkies

 

 
PITSWERE

• Maak xxx minte nat en sit daarop en verbind – herhaal 2-3 dae
PLEISTERS AFHAAL
• Gooi baba olie op en trake dan af
PMS
• PMS en seer borste - eet aspersies
• Neem elke dag ’n Multivitamien wat Vit B6, B Complex, Magnesium, kalsium, Vit B6, E en Vit C bevat
• Evening Primrose Oil kapsules
• Silwerkersie (Cimicifuga racemosa) Verlig spanning, krampe, waterretensie en buierigheid
• Ligte oefeninge – probeer ontspan
• Eet baie pasta en hou op koffie drink in daardie tyd
• Drink baie water en groentee
• Neem ’n warm bad en drink pynpille
PROSTAAT-PROBLEME/KANKER
• Eet een porsie waatlemoen of pienk pomelo ’n dag asook rooikool en tamaties
• Gooi al 3 saam: Lennon se Haarlemensies, Balsem Kopiva en Balsem Sulphirus en neem 1 tl elke oggend en aand.
PSORIASE
• 1 Botteltjie gliserien, 1 botteltjie pers spiritis en 1 botteltjie gewone koeimelk – smeer op en laat staan oornag
REKMERKE
• Meng 4 tl koffie met 1 koppie Coconut Oil – bring tot kookpunt en laat afkoel. Smeer op rekmerke, verbind met sellofaan tot dit verminder.
• Doen oefening om spiere ferm te hou
• Eet baie lemoene of Kiwi’s (gelykstaande aan 8 lemoene), proteiëne en kos wat Vit C & E bevat
• Vit E aanvullings, Vryf jou lyf met olyfolie en vit E olie
• Gebruik avokado-olie ment 7 druppels laventel olie en 5 druppels kamille olie en meng dan met kakaobotter
• Om rekmerke te voorkom: gebruik halwe koppie olyfolie, kwart koppie aalwynjel, inhoud van 6 Vit E kapsules, Inhoud van 4 Vitamien A kapsules – meng alles mooi saam – sit in yskas en smeer gereeld
ROOK ophou?
Eet baie Hawermout – sal jou lus demp
RUGPYN
• Postuur neuk jou rug op – sit regop en op stoele met reguit ruglenings – vermy hoëhakskoene
• Gevaartekens: Pyn in boonste gedeelte van rug, Swakheid in bene – jy kan ewe skielik nie meer loop, regop staan of trappe klim nie, koors, gewigsverlies, payne word erger snags, kan nie meer blaas beheer nie.
• Smeer met Horse liniment
• Soak jou voete in warm, seep water vir 10 minute en masseer dan met ‘n room
RUMATIEK (Sien artritis)
• Rumatoiede Artritis – drink 3 glase sterk drank ’n week (nie as jy ’n alkolis is nie)
RUSTELOSE BENE
• Half tl. Bovril in water ’n uur voor slapenstyd
• 1 x 2 liter water gemeng met 1 tl rooipeper en 1 eetl gemmer, sit in yskas en drink gereeld voor slapenstyd
• Drink gemmertee
• Valerian wortel – los vir 8 uur op in water en drink
• Smeer kamferolie op bene
• Sny koffie uit
• Stress kan dit ook veroorsaak – bid, los jou probleme by Hom en gaan slaap rustig
RUSTELOOSHEID (Vit D tekort)
• Drink baie melk, eet kaas en room
• 1 Eiergeel per dag
• Gebruik Lewertraan
• Vir babas – vryf lyfie met druiwesaadolie
RUGMURG
• Masseer gereeld onder jou groottoon
SELLULIET
• Wat veroorsaak dit: Slegte dieet, min of geen oefeninge, ouderdom, stress en rook en KOFFIE!!!!
• Meng halwe koppie koffie met groot lepel olyfolie – vryf op en maak toe in plastiek vir paar minute – gebruik 2 x per week.
• Eet baie groenappels, bloubessies, avocadopere en rasberries, baie uie, chives, chillies, garlis, gemmer, mostert en parsly
• Droëborsel jou lyf opwaarts voor bad or stort anders help dit nie en drink baie water
• Hou gewig stabiel
SERE (Toonstamp (vel-af)
• Smeer Zincsalf aan – dit herstel wonde/sere
• Sit voet in skottel warm water met 1 koppie soutwater in – ’n half uur lank - Haal uit en sny alle velle af (die soutoplossing het toon doodgemaak so nie te veel pyn nie), laat droog word, sit mercurachrome op – MOENIE toemaak nie
• Maak mengsel van 4 teesakkies in ’n liter kookwater – sit in yskas na afkoel en smeer op sere, snye, sonbrand, aknee ens.
SINUS
• 1 x 2 liter water met 1 eetl heuning en 1 eetl kaneel, sit in yskas en drink gereeld (Genees chroniese verkoue, hoes en sinusitus)
• Maak jou lewer skoon – 1 suurlemoen met halwe glas warm water op nugter maag elke dag
• ½ tl Rooipeper in louwarm water elke oggend (sinus hoofpyn)
• Kos met preserveermiddels is jou grootste sondebok. Sny dit uit (aanmaak koeldranke)
• Sny lemoene, melk, brood, kaas en sjokolade, uit dieet uit.
• Sit warm kompressies 3-5 x per daag op gesig
SKEERSEER
• 1 Eetl brandspiritis op 3 eetl melk of Prep – smeer op
SKILDKLIER – OORAKTIEF
• Hart klop vinniger, bloeddruk styg, sweet oormatig van baie warm kry, bewerig, moeg en groot eetlus maar verloor tog gewig. Starende oë is goeie kenmerk (Moontlik jodium te kort - kontak eers dokter)
SKILDKLIER ONDERAKTIEF
• Moeg, depressie, spierpyne, hardlywigheid, gewig aansit, koud voel, erge menstruasie, droë, harde hare, dik en droë vel, geswelde ooglede, diep stem, stadige hartklop, verlies aan gehoor, dik tong, vroegtydige grys hare, min belangstelling in intimiteit (Tiroksien pille – kort jodium – kontak eers dokter)
SKILFERS
• Smeer olyfolie op kopvel
SKOK
• Drink suikerwater of ’n bietjie rooipeper in louwarm water of ‘n vars uitgedrukte suurlemoen in louwarm water
SKOUERS SEER
• Smeer Horse Liniment aan – by apteke te verkry
SLAAPLOOSHEID
• Mint in slaaie of in kookwater laat trek en drink voor slapenstyd, Lafentel op sakdoek, Drink kamilletee voor slapenstyd, Moenie skiet-skop- en donker movies kyk nie – eerder iets ligs en lekkers
SLEGTE ASEM
• Borsel en flos jou tande gereeld en borsel jou tong ook, Laat vrot tande regmaak, Gorrel met heuning gemeng met bietjie kaneel
• Eet seldery (dit raak van plaak ontslae), Sny brood uit jou dieet uit, drink suurlemoensap na etes, Tik ’n titseltjie vanilla essens op tong
• Drink Lennon se Wonderkroonessens elke oggend net om maag ook skoon en in goeie werking te hou.
• Koop “SPA tablette” by apteek
SLEGTE GEHEUE
• Omega 3,6 & 9 kapsules
• Ginkgo Bilopa (Uitstekend)
• Eet baie Appels,Piesangs,pere, wortels en patat







 
 

 

 

 

 
 

 

 

 

 

KARSIEK OF SEESIEK
Drink naeltjietee
KATERAKKE
• Kry Vit A (Neute, salm, haring en tuna of Omega 3 kapsules) & C (Lemoene, suurlemoene en kiwi’s)in vir katerakke en degenerasie en Eet baie groenpepers, swartpeper, mosterdsaad en tamaties, appels met groen skil, uie, tea, broccoli, groen druiwe, groenpruime, kiwi’s en cocoa, Gebruik bloubosbessie-ekstrak met Vit E en drink rooiwyn 1 x per aand
• Hospitaal in Port Shepstone – verwyder katerakke binne 15min met stellaris masjien
KARKATJIES
• Glo dit of nie – ’n bietjie urine kan aangesit word
SEER KEEL
• Gorrel elke uur met sterk suurlemoensap
• Gorrel met ’n bietjie warm groentee of warm water gemeng met heuning
• Drink sage tee, Sweedse bitter
• Sluk Knoffelhuisie heel – passop vir verstik
• 1 x 2 liter water met Suurlemoen en Rooipeper, sit in yskas en drink gereeld
KNEUSPLEKKE(Soos na ’n val ens.)
• Smeer suurlemoen op
• Sit koue kompressie op vir 10 minute.
KOORS
Maak seker die persoon kan sy ken op sy borskas rus – indien nie – jaag hom dokter toe – moontlike breinvliesontsteking
Indien hy wel ken kan neersit:
• Sit persoon in bad vol louwarm water met 2 koppies bruin asyn in en voeg dan koue water stadig by totdat koors verdwyn (sal stink maar sal help) of
• Maak handdoek nat met louwarm water gemeng met bruin asyn en sit op persoon se hele lyf en kop totdat handdoek koud is - herhaal
• Waaier op lyf ( nie die beste idee nie - kan verkoue aanbring)
• Gee koue drankies om te drink en komkommersap elke 2 minute.
• Gee Naeltjietee om te drink
KOORSSERE
• Sodra dit begin- sit dadelik tandepasta op en dit verdwyn
• As dit reeds oop en lelik is, smeer Vicks aan, Covosan by die Apteek (Uitstekend), Prep, suig aan suurlemoenskyfie, Smeer avokado op (vit B12 kort) of vanilla essense
KOPLUISE
• Spoel kop vir lank af met onverdunde asyn, laat kop bietjie in asyn lê of sit mayonaise aan, sit kappie op vir 2 ure
KROEP
• Klein bietjie apelasyn in warm water – drink bietjie vir bietjie

KOORSBLARE

• Smeer Vanilla Essence aan net as sy kop uitsteek en daarna (Werk soos ’n bom), Suig aan suurlemoenskyfie, Eet rou, vars koorsblare maar hou so lank moontlik in mond

NAGMERRIES

• Sit soetruikende blomme in die kamer, drink kamilletee voor slapenstyd en moenie na skop-skiet en donker movies kyk nie – eerder romanse ens.
NEKPROBLEME
• Smeer stywe nek met Horse liniment (by apteke te kry)
NEUSBLOEI
• Sit koue kompressie op neus en hou kop agteroor of Knyp neus toe, neem Lennon se staaldruppels vir yster tekort en Vicks op neus vir moontlike allergieë
NIER-/PYP ONTSTEKING
• Sluk 4-6 heel knoffelhuisies per dag – passop vir verstik
• Drink 1 suurlemoen in glas louwarm water elke oggend op nugter maag
• Baie water drink en eet pietersielie, pomelos en aspersies
NIERSTENE
• Eet rou radyse op nugter maag
• Drink 6-8 glase water per dag en 4-6 heel knoffelhuisies per dag – passop vir verstik
• Drink 1 suurlemoen in glas louwarm water op nugter maag elke oggend4
• Lennon se Haarlemensies, Balsem Kopiva en Balsem Sulphiris gemeng – drink 1 tl daarvan elke oggend en aand.
ONTSTEKING
• Rooiwyn of rooi druiwesap kan gewasse en ontsteking teenwerk
TAND/TANDVLEISE/ ROOI EN BLOEI EN TANDE RAAK LOS (Vit C tekort)
• Gebruik slegs Sensodyne tandepasta (bietjie duur maar dit werk)
• Drink 1 glasie rooiwyn elke aand (net 1)
• Drink vars lemoensap, eet lemoene, pomelo’s, vars vrugte, groente en eet seldery om van plaak ontslae te raak
• Spoel jou mond ’n minuut lank met suurlemoensap uit.
• Eet 350g tamatiesap of neem 1 eetl tamatiesous – meng met water en drink
• Borsel tande en vlos gereeld
• Masseer tandvleise met jou vinger 2 x per dag
• Om water na etes te drink veminder die suur in jou mond met 61%

OOG – VOORWERP IN (Stof ens)

• Gooi melk of oogdruppels in en kyk of dit help
• Trek boonste lid oor onderste lid
• Hou jou oë toe (Nou kyk ver boontoe, ver links, ver na onder, ver na regs en vorentoe. Maak oop jou oë – hopelik help dit.

OOR – HARDE VOORWERP IN

• Draai oor na onder en trek oorlel in verskeie rigtings – dalk van item uit
• Indien nie – sit gom op vuurhoutjie – trek oorlel op en agtertoe – steek versigtig in tot op item – wag tot gom bietjie droog – trek versigtig uit

HARE

• Mash 10 strawberries en meng met mayonaise – masser in klam hare en los 10 minute voor jy dit shampoo
Avokado gemeng met mayonaise ook net so goed

 


LAE BLOEDDRUK

• Eet licorice, Suurlemoen met sout, Rou beet gerasper, Drink milstout bier, Lennon se Witdulsies
LANGER LEWE
• Green tea

LEWERONTSTEKING

• Eet licorice, 1 eetl Engelse sout in water, 1 Suurlemoen in louwarm water op nugter maag, eet 2 tl olyfolie en ½ tl Rooipeper in louwarm water 2-3 keer ‘n dag

LEWER

• Eet meer broccoli, blomkool en kool – dit stimuleer die lewer (mense wat baie drink kan dit probeer)
• Eet pomelos – die maak die lewer skoon, seldery en aspersies – dis ’n lewertonikum en licorice

LIDDORINGS

• Kry pleisters met gatjie in die middel – koop Krokasalf en smeer dik op aangetaste deel – sit pleistertjie op en maak toe met gewone pleister – los oornag. Die gedeelte sal heeltemal dood wees – krap nou mooi gelyk met skerp messie. Indien nog steeds seer – herhaal proses. (My skoonpa se probleme is op ’n einde) MOET NIE GEBRUIK AS JY ’N DIABEET IS NIE
LIMFKLIERE SKOONHOU

• Drink ’n halwe suurlemoen in louwarm water 3 x per dag
LIPPE
• Afskilfer – sit pertroleumjellie aan en borsel saggies met ou tandeborsel

LONGKWALE

• Eet baie appels, uie, tea, broccoli, druiwe, cocoa, vis, skorsies, tamaties, pomelos (versterk asemhalingsorgane) en licorice
• Drink rooiwyn (slegs 1 ’n dag) of rooi druiwesap

LUSTELOOSHEID

• Eet Rooi voedselsoorte: Rooi appels, Tamaties, Pomelo’s, Waatlemoen
• Eet aspersies, bananas vir energie
• Drink groetee
• Vryf oorlobbe

MAAGKWALE

• Eet piesangs
• Vat sewe heel swartkorrels. Drink 1ste dag 3, 2de dag 4 ens. tot 7 klaar is. Los vir ’n week en begin weer.
• Sluk 1 rou eier elke oggend op leë maag – kan in melk gedrink word met vanielje geursel
• Eet licorice en Drink komkommersap

MAAGKRAMPE

• 1 x 2 liter water gemeng met 2 eetl Heuning met 1 eetl kaneelpoeier, sit in yskas en drink gereeld - genees maagpyn en maagswere en winde
• 1 x 2 liter water gemeng met 1 eetl gemmer, sit in yskas en drink gereeld
• Pietersielie by geregte (maagkrampe en slegte spysvertering)
• Gewoonlik werk dit as jy toilet toe gaan en sit tot dinge gebeur.
• Lennon se Wonderkroonessens (Uitstekend), Balsem Vita Wit, Peppermintdruppels

ONVRUGBAARHEID

• VERMY KOFFIE!, Hou op rook!, Chill out – relax!, Eet minder proteiene, Drink minder en Gebruik liewers organiese kos en Eet Geel voedselssorte: Appelkose, Spanspek, pomelo, Lemoene, Suurlemoene, Mangos, Papajas, Perskes, Pynappels, Wortels, Pampoen, Botterskorsies, Suikermielies, nartjies en geelpepers

OOGPROBLEME (VOORKOMEND)

• Vit A en C is belangrik teen katerakke en gloukoma (Neute, salm, tuna ens. Omega 3 en 6 olies)
• Eet bloubosbessies of neem bloubosbessie-ekstrak
• Rooi/tranerige oë – eet lewer, mout-ekstrak, vars melk en eiers (Vit B te kort)
• SIG: Eet Groen voedselsoorte – Groen appels, Lemmetjies, Kiwivrug, Kool, Spinasie, Blaarslaai, Seldery, Komkommers, Broccoli, Aspersies
• Gebruik altyd ’n sonbril in die buitelug – veral teen UV strale en weerkaatsing wat 80% UV strale bevat – vensters, beton en water
• Hou op rook
• Diabete kan gloukoom kry
• Moeë oë – minder op rekenaar werk of TV kyk en eet groenblaargroente, soja, knoffel, uie, bloubessies, druiwe en Neute (Vit A, B2, C en E)

OOG – INFLAMMASIE

• Sit ’n koue kompressie oor oë vir so 10 minute

KOLIEK
• Lennon se Stuipdruppels of Witdulsies (gee 5 druppels met water)
• Sit creamsoda koeldrank in medisyne botteltjie nadat al die gas uitgeskud is en gee vir kleinding
• Vul bottel met swart rooibostee
KOLONKANKER
• 1 x 2 liter bottle water gemeng met 1 eetlepel borrie,sit in yskas en drink gereeld en drink baie tee
• Eet Brasiliaanse neute, baie vis, eet tamaties, witwortels, bruinrys, koring, appels, papaja’s, sitrusvrugte en Oats

INFLAMMASIE VAN DIE TONG

• Neem yster in (vleis, groen blaargroentes, eiers, bloubessies, olierige vis, neute, lentils, olywe)


 


MAAGSERE

• Neem klein blikkie Zamboksalf en deel in 4 dele – rol in bolletjies en rol in icingsugar – sluk elke oggend op nugter maag en as dit baie erg is voor slapenstyd weer
• Drink 3 druppels Fryers Balsem of staaldruppels op 1tl suiker
• Yogurt 2-3 x per dag vir ’n paar weke lank
• Eet baie piesangs, pomelos, licorice en drink komkommersap of eet komkommers
• 1 x 2 liter water gemeng met 2 eetl heuning en 1 eetl kaneel, sit in yskas en drink gereeld - genees maagpyn en maagswere
• Drink elke dag ’n rou eier geklits (dit gee ’n voering in die maag) – kan met melk drink ens
• Drink ‘n ½ suurlemoen in louwarmwater 10 minute na etes
• Maagsweer wat bloei – Neem 30 violet blaartjies (nie african violets nie), kook in 450ml water, laat afkoel, dreineer en hou in bottel in yskas en drink 2tl vol elke oggend (kan dit nie bevestig nie – jammer)
• Drink gereeld Cranberry juice

MAANDSTONDES

• Neem ysterpille of (eet baie vleis, groen blaargroentes, eiers, bloubessies, olierige vis, neute, lentils) en Vit C (lemoene, suurlemoene, kiwi’s, pomelo’s) in,
MALARIA
• Nie 1 pil is 100% doeltreffend nie
• Slaap onder muskietnette wat met insekdoder behandel is
• Hou kinders skemer binne
• Dra langmouhemde en broeke, sokkies en skoene van na skemer af
• Smeer insekserende middels aan lyf wat uitsteek
• Gaasnette voor deure en vensters
• Waaier of lugreëling
• Brand spirale ens.
• Kinders onder 5 en swanger vroue moet liefs nie sulke areas besoek nie
• Gooi bloekomblare in vuur – hou muskiete weg

MANGELONTSTEKING

• Meng rooipoeier (NIE rooipeper nie)met aluinpoeier maak fyn en smeer aan mangels 3 x per dag
MASELS (Aansteeklik)
Simptome: Nies, loopneus, oë water, gevoelig vir helder lig, koors, hees, droë hoes – hou stil in donkerkamer – bevogtig die lug om hoes te verlig
• Meng suurlemoen met heuning in warm water en gee om te drink

MIDDELOORONTSTEKING

• Maak knoffel fyn en sit binne-in wattetjie – sit in oor
• 3 Druppels louwarm oordruppels, Lê met oor op warmwatersak

MIGRAINE

• Drink magnesiumpille en ’n kwart tl gemmer in water elke 2 ure (Groenblaargroentes, sonneblom en pampoensaad, melk, all bran, bakbone, pasta en lentils)
• Gebruik die kruie “Koorskruid” of koorskruidtinktuur – dit verlig pyn, naarheid, braking en ligsensitiwiteit
• Meng ’n bietjie mosterd en asyn en sit dit tussen twee lappies en plaas dit op voorkop.
• Drink baie water

MOEG EN BEDRUK

• As jy konstant moeg is, laat jou toets vir glandular fever, anemia, diabetes, onderaktiewe tyroied
• Kan wees van ’n onderaktiewe skildklier – jou vel is vaal, droog en voel koud, jou arms en bene swel, jou spiere pyn en jy voel depressief
• Of dit kan wees omdat jy aan bloedarmoede ly – neem Lennon se Staaldruppels of ysterpille of hoenderlewer of eet vleis, groen blaargroente, neute, olierige vis
• Jy het dalk Rumatoiede Artritis (sien rumatiek en Artritis)
• Drink ‘n Sjokolade melk skommel of drankie
• 1 Hardgekookte eier eet
• Eet pomelos, lemoene, suurlemoene, kiwi’s, 1 hardgekookte eier, artappels en rys, mielies en piesangs

MONDSERE

• Krake, sere in die hoekies ( Eet avokadopere of suurlemoen skyfie)
Jy kort Vit 12 (riboflavin)
NAARHEID
• Drink ’n tl suurlemoensap
OORWAS
• 1 tl warmgemaakte amandelolie in oor – lê oor op kussing met beskermingslappie op
• Daarna drup knoffelolie in oor en slaap met wattetjie in oor – herhaal tot oor reg is
OOR – INSEK IN OOR
• Hou lig voor oor – insek kan dalk uitkruip
• Gooi bietjie kookolie in oor – insek sal versmoor
• Spoel met louwater uit – gebruik spuitnaald

MELKKOORS

• Pak koue koolblare op en hou dit in die bra en slaap daarmee – dit stink, ja!
MENOPOUSE
• Gebruik die kruid Swart slangwortel (black cohosh) (Apteek of gesondheidswinkel)
• Eet licorice, Soya, Magnesium, Kalsium en drink heuningbostee




 

 

 

 
 

 
 
 
Aambeie

6 pakkies rhubarberpoeier
6 pakkies salpeter
1 pakkie epsomsout
2 bottels water.
Kook tot 1 bottel oorbly.
Drink 1 dessertlepel vol.
Nadat jy gebad of gestort het, droog heel eerste jou hande goed af sodat dit so droog moontlik is. Droog daarna die res van jou lyf af. Die aambeie verdwyn vinnig en nadat dit verdwyn het, moet jy hierdie ritueel aanhou doen, veral as jy nogal baie sukkel met aambeie. Probeer om dit 'n gewoonte te maak om jouself so af te droog. As hierdie ritueel gelowig gevolg word sal jy nooit weer probleme met aambeie hê nie

Aknee/puisies. Meng 3 eetlepels heuning en 1 teelepel kaneel tot pasta. smeer aan puisies net voor slaap tyd en was volgende oggend met warm (lou) water af.Indien dit vir 2 weke daagliks gedoen word sal puisies verdwyn.

Alkohol  hier is 'n boereraat wat ek NIE aanbeveel nie!
Alkohol is 'n baie wonderlike middel om vlekke mee te verwyder.
Dit verwyder vlekke van winters- en somersgoed.
Dit verwyder ook meubels, voertuie en huise.
Verder kan dit ook matte, beddens, jou familie, vrou en kinders verwyder. Dit verwyder ook jou oordeelsvermoë, jou vermoë om te dink, selfs jou vriende, klere, skoene, jou selfrespek, jou goeie naam en selfs jou werk. En indien jy dit te veel gebruik verwyder dit selfs vir jou.

Ambei
Fars botter en di geel van di yer (egg yolk) deurmakaar gebraai in 'n pan en deur 'n doek gedruk, om mé te smeer. 
Babelaas - Neem die volgende oggend 2 Bayer aspirine, los op in 'n glas water saam met 'n eetlepel suiker en eet daarna 'n hardgekookte eier. Binne 30 minute is jy goed soos nuut

Hik - Neem 'n glas warm water, druk jou vingers in jou ore en maak jou oë toe. Drink die water ('n vriend moet hier help) terwyl hy/sy aftel van 15, en siedaar, die hik is weg!
 
 
 
  Badolie
1 Koppie amandel olie of ligte olyf olie, ½ koppie heuning, ½ koppie badolie en 1 teelepel vanilla ekstrak. Meng al die bestanddele in n mengbak en sit dit dan in n bottel. Skroef die bottel toe en gebruik soos nodig. Skud die bottel voor gebruik.

Bednatmaak - Vang 'n streepmuis, slag af en braai hom, gee vir die kind om te eet, moenie vir hom se dis 'n streepmuis nie, hy sal nie meer bednatmaak nie
Bloedarmoede - Twee groot rou beet, grof gerasper in 'n glasbak. Giet 'n bottel Port daaroor.
Voeg een botteltjie LENNON VERSTERKDRUPPELS daarby Laat staan oornag om te trek. Gooi deur doek en bere vloeistof in yskas. Drink 3 keer per dag 'n kwart koppie vol Party resepte gebruik MILK STOUT (bier) in plaas van Port. Ander gebruik LENNON STAALDRUPPELS in plaas van Versterkdruppel.

Borskwale - Hierdie mengsel help vir algemene borskwale soos hoes, kroep, brongitis en so meer. Dit maak slym los maar verlig ook 'n droë hoes. Dit verminder ook die sinus slym en beheer dus die slym wat agter in die keel afloop(Post Nasal Drip) Sinus-lyers vind grootliks verligting met die gereelde gebruik van hierdie mengsel.
Voordat jy begin, moet jy bewus wees dat baie mense die smaak van hierdie mengsel onaangenaam vind. As jy dus iemand is wat te kere gaan vir die reuk en smaak van medisyne, moet jy liewer los, want jy sal net jou geld mors. Ek glo egter die reuk/smaak weersin is maklik beheerbaar, dit verg net 'n bietjie selfbeheersing("it is all in the mind ! ")
Meng die volgende in 'n groterige glas bottel met 'n digte skroefdeksel:
1 botteltjie LENNON Paragora
1 botteltjie LENNON Turlington
1 botteltjie LENNON Ipekakuanawyn
1 botteltjie LENNON Borsdruppels
1 botteltjie roulyn olie
½ bottel heuning
Meng dit deeglik totdat als in die heuning vermeng is.
Neem een desertlepel vol soggens en saans.
Sodra jou toestand verbeter het kan jy net een keer per dag 'n desertlepel vol neem.
Kinders van so drie tot agt jaar moet net 'n halwe desertlepel op 'n slag neem.
Raadpleeg eers jou geneesheer voordat jy dit vir babatjies gee

Borskanker
'n Foorbeeld van 'n vrou wat di kanker an haar bors had ... dat daar al 8 gate ingefreet was en weer hersteld geworde is, deur di follende raad:- Sy het 8 paddas geneem, in 'n neteldoekse sakki op di bors geleg, wat dadelik op di bors so fas kleef als bloedsui'ers, toen hulle hulle fol gesuig het, fal hulle met hewige stuipe af, sonder dat di uitsui'e pyn veroorsaak. Dit werd herhaald tot 120 paddas toe, wat hulle algar fan tyd tot tyd, doodsuig, en di bors is ni alleen genees ni, mar het selfs ten folle di natuurlike grootte weer terug gekry.

Bors wat toetrek - Smeer ongebleikte linne met bokvet, strooi skoorsteenroet daaroor en plaas op die bors.
Vir mammas wat borsvoed - as jou borste geswel is van die melk en pynlik is, pak koue koolblare oor jou borste, binne jou bra en slaap daarmee. Dit stink maar werk soos 'n bom. Word nogsteeds gebruik in Monrningside Clinic - hulle verskaf die koolblare aan alle nuwe mammas wat dit wil gebruik. 
Brandende mond (kerrie/speserye) - If you eat something spicy and it sets your mouth on fire eat one of the following, bread, or celary or something dairy. Don't drink water. Drink milk. 
Dieët - Ek het die perfekte 100% verseker dieet ontdek. Resultate is gewaarborg en dit kos jou nie geld nie.
Dit word genoem die VDHM dieet. VDHM staan vir; Vreet die helfte minder.
Doring - As 'n doring in jou voet steek en dit breek af, krap 'n bietjie geel was uit jou oor en sit op die doring, Draai toe met 'n lap en doe volgende dag sal die was die doring uitgetrek het.
Dowighyd

'n Mens sny 'n hasi oop en druk die water uit di blaas in 'n flessi en dan 2 maal per dag 2 druppels in die oor te doen, en 'n pluisi fan di hasiwater in di oor steek en gedurig nat maak.
Dronkenskap (genees van)- Gooi ongemerk 'n bietjie perdesweet in die drank 
Ekseem: Sit elke dag twee rooibosteesakkies in die badwater
Ferstopping (Constipation)
Rou uie fyngesny, en met semels deurmakaar in 'n pan lou gemaak en op di buik gesit.
'n Onfeilbaar middel: maak pille fan kasteroli en heuning, sit in fondament, maak di pil soos 'n rooi boontji.

Fyt - Maak 'n pap vam knoffel of perdemis en sit op vinger
Gewig verloor - Trek wilgerboomtoppe se blare soos tee, drink 'n koppievol drie keer per dag.
As jy fan 'n giftige ding gebyt is
Geef di lyder in:
soet melk, olie, wilde dagga gekook, wyn en rou yers deur makaar geklits, goud gefyl en ingegé, menswater (urine) met asyn, boegoe brandewyn, 'n ou deurgerookte pypkop fyn gemaak ingegé. (Zuri)
Hande/voeteroom
Gebruik goeie ou speensalf, verkrygbaar by enige ko-operasie. Baie goedkoper en beter as vandag se fensie duur rome

Vir 'n "sonstreep" in die hare.
In plaas van die gebruik van jel en haarsprei, gebruik op 'n warm dag suurlemonsap op nat hare, en laat dit droog. Na 'n paar gebruike en buite in die son sal jy "natuurlike" sonstrepe he wat HOU
Heeshyd - As iemand hees is, neem 'n telepel rou heuning, 'n lepel gestampte tésuiker, 'n telepel gestampte gemmer, dri lepels boegoe brandewyn, dit deurmakaar gemeng en dikwils gebruik.
Hoes Medisyne
2 botteltjies borsdruppels
1/2 koppie vars suurlemoen sap
1/2 bottel heuning
Meng bestandele saam in 'n houer. neem (1) eetlepel daarvan 3 maal per dag. (Moet nie in yskas plaas)

Hoesmedisyne resep 1 bottel heuning Die res is alles Lennons, so die mate vir almal is dieselfde 1 bottel Peppermentdruppels 1 bottel Borsdruppels 1 bottel Jamaika Gemmer 1 bottel Turlingtons 1 bottel Paragorie 1 bottel Epejuana Tinktuur 1 klein botteltjie roulynolie Gooi alles saam, kook vir 5 minute en gooi in 'n bottel. Vat so twee groot slukke, of 2 groot desertlepels vol op 'n slag
Hogere Bloeddruk: - Neen elke oggend op 'n nugter maag een vars knoffelhuisie en kerf dit fyn. Laat dit vir 'n paar minute net so staan om lug te skep. Sluk dit af met 'n glas lou-warm water.
Jy sal net vir 'n baie klein rukkie effens 'n reukie op jou asem he, en dan niks meer nie. 

Hondbyt - Pluk van die hond se hare uit en verbind op bytplek
Insekbyte - Gebruik pypolie
Jeuk - Kry verligting van muskiet- en ander insekbyte deur seep aan te smeer. Dit help gou gou.
Klem in die kaak - Braai erdwurms in soetolie en smeer
Koors/Fever -  Not sure if you have this 'boereraat'. Very useful for families with babies and small children!! The little ones tend to pick up all sorts of infections and can run dangerously high temperatures, which can lead to brain damage or even death. The best and quickest way to bring down a temperature is a luke warm brown-vinegar bath - about two cups of brown vinegar in a small bath of water. If the patient is too ill to put into a bath, a sponge bath in bed will work just as well. The joy of having your little one well again is enhanced by the smell of 'slap chips' !!! It works!! 
Koorsblare -  Gebruik gewone vanilla essens en plaas dit met 'n oorstokkie op die koorsblaar. (Herhaal so elke halfuur indien nodig) Die vanilla essens droog die koorsblaar op.
Vir koorsblare wat NET begin: Smeer vanilje essens daarop. Dit help ook met slegte asem!
Kopluise
Die beste resep (is met groot welslae by talle skole gebruik) 1 Koppie olie (kookolie) 1 Koppie asyn 1Koppie parafien a) Skud die mengsel goed b) Wend kwistig aan droë hare. Laat staan vir ± 20 min.c) Was daarna met shampoe in lekker lou water.

Krampe in die bene - Staan op 'n koue vloer
Lintwurms - Eet vir 'n dag niks om die wurms uit te honger, plaas dan op nugter maag 'n stukkie brood op die tong om hule ne bo te lok, neem dan 'n sopie brandewyn om hulle dronk te maak en dan pergasie om hulle uit te werk Luise - Vryf  mayonnaise in die hare en bedek vir 2 uur met stortkappie. Gail - 
Maagseer (Ulcers) Koop 7 heel klein blikkies sambok salf. Deel elke blik in 4 sodat jy 28 het. Vir 28 dae MOET jy dit neem. Soggens op jou nugter maag sluk jy 'n kwart blikkie se samboksalf...rol dit in a bolletjie en sluk met water. Jy moet alles gebruik al 28...die samboksalf smeer die maagseer en beskerm dit....en intussen maak die samboksalf die seer gesond. Werk rerig.
Maagsweer - neem drie druppels :Fryers Balsum" of "Staaldruppels" op op 'n teelepel suiker en eet. Die Balsum seel die maag en stop die pyn in 10 tot 20 sekondes.
Muskietbyt - Maak koeksoda nat en smeer aan
Niere. Koop 3 bottels Harlemensies. Die eerste bottel word drie keer per dag gebruik...
10 druppels op 'n bietjie melk...moenie roer nie...drink net so.
Die ander twee bottels word net soggens op jou nugtermaag gedrink soos hierbo.
Eet maar stukkie pietersielie om die smaak weg te vat en asem te verfris. 

Omlope  wat jeuk, of waterpokkies, smeer as (uitgebrande hout) aan, dit laat die gejeuk ophou!
Pitswere - Maak 'n XXX-pepermentlekker effens nat, plaas op die pitsweer en verbind. Binne 'n paar dae is dit genees
Psoriase op die kop:
Gebruik 1 botteltjie gliserien
Dieselfde botteltjie met pers spirits
Dieselfde botteltjie met gewone koei melk
Skud alles saam en smeer elke aand aan kopvel (Ek slaap gewoonlik oornag met dit aan) Was hare met nie- vetterige shampoo
Dit is al wat regtig help as my kopvel baie erg is.

Puisies - Smeer vars suurlemoensap aan. 
Puisies - Smeer tandepaste aan die puisie voor jy gaan slaap. Die puisie droog gedurende die nag uit en sal geel (ryp) wees as jy opstaan. Maak puisie skoon met alcohol - indien jy nie mediese alcohol het nie, gebruik bv. whisky. MOENIE aan puisie druk nie - dit los merke.
Vir sommer enige pyn of kwaal-Zambuk salf!
Snork - 'n Paar druppels olyfolie in elke neusgat
Sooibrand - Eet 4-5 amandels per dag of suig een teelepel witsuiker
Snork - 'n Paar druppels olyfolie in elke neusgat.
Snyplek ontsmet - Sit 'n pruimpie op
Sonbrand - Maak 'n papier servet nat met appel asyn en plaas op die songebrande vel tot
servet droog is (by my het dit 20 min geneem). Moenie asyn afvee nie, maar
haal servet af. Smeer skoon Vit E olie op die gebrande deel, of enige Vit E
verrykte room.

Sooibrand
Drink twee eetlepels asyn. Die probleem sal vir 'n kort rukkie erger voel, maar dan verdwyn.
Spatare - 1 bottel martell brandewyn gemeng met 1 lb vars heuning. Neem en desertlepel oggend en saans, werk wondere
Sproete - smeer bok- of donkiemelk aan
Swanger raak - Dis maar 'n kort 'raat'. Ek onthou 'n vriendin het my eendag vertel dat die oues van dae gese het dat as 'n vrou sukkel om swanger te raak, moet sy 'die stysel uitsny'.
Dit het toevallig vir my gewerk, nikswetend,toe ek probeer het om gewig te verloor!

Vir witter tande en minder ulcers in die mond:
Suurlemoen, sout en koeksoda.Maak dit in a paste, en doop jou tandeborsel in, en skrop jou tanne behoorlik! Jou mond voel sommer lekker skoon, en dit smaak sleg, maar as jy behoorlik spoel sal jy agterkom dit werk beter as tandepasta!!

Tandpyn - Byt 'n aspirien op die tand vas en smeer die wang waar die tand is met bruin skoenpolitoer, of rook perdemis.
Tong gebrand? - Sit suiker op die brandplek
Vel
Twee eetlepels heuning, twee eetlepels amandel of olyfolie, 5 druppels roos olie en 1 druppel vitamiene olie. Meng alles goed en smeer aan jou gesig en nek. Gaan le en ontspan vir 15 minute. Was dan die mengsel af van jou gesig met lou water. Jou vel sal gou jonger lyk en baie verfrissend voel.

Vel (seer na skeer) - Een eetlepel brandspiritus op drie eetlepels melk. Skud goed en gebruik as naskeermiddel
Seer gebarste voete of hande. Koop die volgende: 'blue seal vaseline' gliserien en Johnsons se babapoeier,  meng alles saam in 'n plastiekbak tot 'n room en smeer dit elke dag aan, dis meer koste effektief as al die duur goed en werk fantasties.
Verslanking - Skud die kop van links na regs en van regs na links wanneer u ookal 'n
tweede porsie van enige ryk, nie verslankende voedsel aangebied word!

Vratte - Maak die vrat stukkend, smeer van die bloed aan 'n mieliepit en voer dit vir die hoenders, Die vrat sal verdwyn
Vratte - Sny 'n ui/aartappel in die helfte en vryf dit oor die vrat. Gooi weg. Herhaal daagliks
Vratte - plak "Ducktape" daarooor en laar vir 6 dae. Haal ag en vyl dan die vraf met 'n growwe naelvyl of voetvyl. Herhaal die proses vir omtrent 2-3 weke en die vratte sal weg wees
Vratte - Neem een lang haar van jouself, bind dit styf om die vraatjie, sny ander deel van haar af. Los tot vraatjie afval. Het bietjie hulp nodig van iemand om te te help. Dit werk, het dit al gedoen.
Wintershande en voete - Traxa - te koop by apteke - werk wondere.
-EMULSIFYING OINTMENT BP. Dit ruik soos kar olie en is vetterig -dit kos so tussen R 25.00 en R 30.00 n pot by die Apteek.
-As dit wit geryp is in die oggend moet jou kaalvoet in die ryp gaan loop en ook jou hande op die gras vee waar dit geryp is en alles sal oor gaan.
-Meng een klein Campher Cream blikkie (die wit een) met 5 Grandpa poeiers.Smeer dit 3 keer 'n dag aan jou hande en voete.
-Probeer gerus Miracle Comfrey. Daar is nie 'n salf wat beter werk nie.
-Smeer spiritus aan.
-Jy gaan koop leë kapsules by 'n apteek en vul hulle met Cayenne Pepper, drink een daagliks.
-Gebruik Lennon se Witdulsies. Jy maak wattetjie nat daarmee en smeer aan. Aanvanklik vir my was dit asof dit erger geword het die eerste paar dae wat ek dit gebruik het, maar dit is nou 7 jaar later en het nog nie weer een winter dit gehad nie. Vir my het dit gehelp. Ek dink ek het net vir so 'n week of twee aangesmeer sommer so twee keer per dag. Wanneer jy dit aansmeer, jeuk dit vreeslik vir die eerste rukkie, maar dan kalmeer dit.
-Probeer melksalf of meng olyfolie en suiker en vryf goed in en spoel suiker af en droog liggies af en vryf die hande tot al die oilie geabsorbeer is.
-"Dubbin " skoen politoer help ook vir voete.
-Meng kers was met parafin 50/50 en smeer soggens en saans aan. Dit help ook vir gebarste voete in warm weer waneer sandale gedra word

 

 

 





  PARTNER LINKS POLLS VOTEINGS SAM EXTRAS
RADIO SAM EVENTS
OUR TEAM ADVERTISE
MEMBERS GEST BOOK
MUSIC VIDEOS RADIO EENDRAG RADIO STATIONS NEWS LETTER  
  FORUM FAN PAGES CONTACT ROOI BOK SOKKIE EVENTS SITE MAPS SA SINGERS CHAT BOX LINK LIST  
  SPONCERS OUR LINKS TOPLIST BOERVOLK RADIO COOK BOOK TRAVEL RADIO INFO LINKS  

Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden