Welcome To Radio SAM-South African Music

Riana Nel



My Name is Riana Nel

Bio

Die Namibiese skoonheid was vanaf  ‘n jong ouderdom reeds aan musiek blootgestel. Komende uit ‘n baie musikale gesin het sy van vroeg af voor die klavier ingeskuif en haar talent en passie vir musiek was duidelik sigbaar.  In 1996 het sy vir die eerste keer aan Crescendo,  saam met Joe Niemand en die bekende komponis en liedjieskrywer Machiel Roets, deelgeneem .  In 2000 het sy die beoordelaars betower en met die gesogte titel weggestap.

Haar gewildheid in Namibië het vinnig toegeneem en sy is ook as wenner by die Jubeljaarfees aangewys.  Die wenners by die fees het almal op Pasella verskyn en dit is hier waar gospel sanger Louis Brits haar raakgesien het.  Hy het haar gevra of sy sou belangstel om saam met hom te toer.  Sy sou egter ‘n  keuse moes maak tussen gospel musiek en die sekulere mark.  Haar hart het haar net in een rigting gelei en sy het op 19 jaar haar tasse gepak en na Pretoria verhuis.  Sy het saam met Louis as agtergrondsanger getoer, maar het talle kere self die gehoor met haar eie komposisies vermaak.  So dat sy uiteindelik haar eie platekontrak by Maranatha losgeslaan het.

Met die sukses van haar eerste album, Oopmond het sy besluit om die waters oorsee te gaan toets.  Haar nederigheid en onwrikbare passie het talle harte in London, Holland, Frankryk en Engeland verower en sy het ook ‘n Europese verspreidingskontrak met Authentic geteken.  Terug in Suid-Afrika maak sy in 2001 verder opslae by die Geraas Toekennigs, waar sy as beste nuwe kunstenaar saam met Karen Zoid, asook beste Gospel Sanger aangewys word.  Die Lier toekenning wat sy vir Beste Vroulike Vokaal en Beste Nuwe Kunstenaar ontvang het was ook geen verrassing  nie.

Haar tweede album, “The Cure” asook haar derde album, “Someone with Skin” was meer Engels en op die oorsese mark gerig, maar dit is steeds in Suid-Afrika opgeraap.

Riana het intussen by projekte saam met Retief Burger by die “Godly Revolution” en “Youth Revolt”  bewegings betrokke geraak.  Sy verskyn ook op die “Peacemaker” en Onbeskaamd albums.  In 2010 het sy ‘n duet saam met haar suster, Nianell op haar album Sand & Water opgeneem.

In 2011 het Riana besluit dit is tyd vir ‘n wending in haar musiekloopbaan.  Sy het hande gevat met die platemaatskappy, Coleske Artists waar sy haar buiging in die sekulêre mark gaan maak.  Dit is ‘n unieke skuif aangesien meeste kunstenaars gewoonlik eers  ‘n sekulêre album en dan  ‘n gospel album opneem.  Riana voel ook sy het nie haar waardes en geloof verraai deur af te wyk van die gospel mark af nie.  Net soos haar gospel liedjies, bevat haar sekulêre album diep, hartroerende boodskappe wat veral op paartjies en selfs op enkellopendes gemik is.

Haar album, “Die Moeite werd” het die dubbel platinum merk (80 000 eenhede) oorskry en met 5 nommer een radiotreffers word sy beskou as een van die grootste vroulike kunstenaars in die land.  In 2012 het sy weggestap met die Tempo Toekenning vir die gewildste Pop album en by die Ghoema Toekennings in 2013 deel sy die gesogte titel van Liedjieskrywer van die Jaar met Johan Vorster.

Sy skryf ook liedjies vir talle plaaslike kunstenaars insluitende Juanita du Plessis, Jay, Lianie May, Bobby van Jaarsveld en nog vele meer.  Haar gewilde treffers “Dans” en “Timbuktu” is op die klankbaan van die romantiese komedie “Semi-Soet” gebruik en ook “Maak oop jou oë” het ‘n oomblik in “Klein Karoo” soveel meer onvergeetlik gemaak.

Riana Nel se borrelende persoonlikheid en eindelose talent is ‘n wenkombinasie wat tot diep binne in jou siel kruip met haar lirieke en onvergeetlike vertonings.  Sy laat jou lag, huil en wegstap met ‘n verrykende gevoel van emosionele oplewing.   Hou vir Riana dop, sy gaan diep spore in almal se harte trap met haar sagte hart, nagtegaal stem en warm glimlag.



 





 
Rooi Bok Sokkie Event in Belguim 2015

WEB PAGE TITLE GOES HERE

 
 

 


 

 




 

 

 

 

 

 

 




 



 





  PARTNER LINKS POLLS VOTEINGS SAM EXTRAS
RADIO SAM EVENTS
OUR TEAM ADVERTISE
MEMBERS GEST BOOK
MUSIC VIDEOS RADIO EENDRAG RADIO STATIONS NEWS LETTER  
  FORUM FAN PAGES CONTACT ROOI BOK SOKKIE EVENTS SITE MAPS SA SINGERS CHAT BOX LINK LIST  
  SPONCERS OUR LINKS TOPLIST BOERVOLK RADIO COOK BOOK TRAVEL RADIO INFO LINKS  

Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden