My Naam is Elizma Theron 
                        
                        
                            
                                
                                      
                                    Elizma Theron is 'n Afrikaanse sangeres en aktrise.  
                                     
                                    Gebore in Bethlehem in die Vrystaat, maar begin en voltooi haar skoolloopbaan in Kuruman, Noord Kaap. 
                                    Reeds op twee  jarige ouderdom is sy lief vir sing en sing sy, tydig en ontydig die  enigste liedjie wat sy ken. Dit is ‘n ou liedjie, “Gaan kyk wie klop  daar Jannie.”  wat die verhaal vertel van die smart van ‘n boere gesin  tydens die Anglo Boereoorlog. Haar vermoë om noot te hou en met gevoel  te sing, het toe reeds mense verbaas. 
                                    Op twaalfjarige ouderdom neem  sy aan ‘n plaaslike sangkompetisie, vir Hoër-en-Laerskoolleerlinge, deel  en sy wen dit met die liedjie “A whole new world.” Hierdie liedjie se  titel het vir haar waar geword, want ‘n heel nuwe wêreld het vir haar  oopgegaan.  
                                    Twee jaar later neem sy deel aan die landswye  sangkompetisie, “Reik na die Sterre” en word deur CJ de Swart in die  tydskrif Keur, spesiaal vermeld vir haar “kommersiële trefkrag” 
                                    Deur gereelde plaaslike optredes kry sy geleentheid om  haarself as sangeres te slyp.  
                                    Sy hou egter nie net by sang nie, want in haar graad 9 en 10 jaar  besoek sy Italië en Griekeland vir modelwerk. Na sy matriek aan die  Hoërskool Kalahari voltooi, begin sy die Elizma Theron Kultuurskool,  waar sy klasse aanbied in moderne danse, modelwerk en sang. 
                                     
                                    HAAR LOOPBAAN AS SANGERES  
                                     
                                    Begin 2005 voel sy dat sy gereed is om ‘n professionele sangeres te  word. In die tyd skryf sy die liedjie “Lapaside” wat later die titelsnit  van haar eerste album sou word. Die lirieke van hierdie liedjie is  sprekend van haar self-motivering om die sprong van die bekende na die  onbekende lewe as sangeres te maak.Die baie bekende Dennis East  neem haar eerste album, “Lapaside” op waarna die plate-maatskappy Next  Music  die album by haar oorneem en haar ‘n platekontrak aanbied. 
                                    Elizma Theron die professionele sangeres word “gebore”.Verskeie liedjies op die album, maar veral die titelsnit “Lapaside”  word deur verskeie radiostasies gespeel en beland dit op die Top 20 van  verskeie radiostasies. Haar musiekvideo van “Lapaside” bereik by ‘n paar  geleenthede die nommer 1 posisie op die program 6@6 op MK89.  
                                    Gedurende Januarie 2007  verskyn sy op   “Dis hoe Dit is met Steve” en  in Maart 2007 begin Elizma Theron, Adam Tas, Beeskraal, Mel Botes en MD  Greyling, in samewerking met Solidariteit die “Stop die moorde-toer” met  die doel om fondse in te samel vir slagoffers van plaasmoorde en om die  fokus te plaas op die ongesonde hoë geweldsmisdaadsyfer in Suid-Afrika. 
                                    Elizma Theron se loopbaan neem ‘n baie opwindende wending toe sy  gedurende die tweede helfte van 2007 aansluit  by die dinamiese  plate-maatskappy, Select Musiek  en is sy tans besig om haar tweede  album op te neem. Met hierdie album wag daar beslis ‘n  verrassing vir  die ondersteuners van Elizma Theron. 
                                      
                                    
                                    
                                        - 
                                        
                                        
                                        
                                        Top Star Management - 012 751 5005 / 6 Email:info@topstar.co.za 
                                         
                                         
                                         
                                     
                                      
                                    www.elizmatheron.co.za 
                                     | 
                                 
                            
                         
                         
                         | 
                     
                
             
             |