Nicky de Kock Hierdie 11 jarige jong dame is ongetwyfeld die nuwe Afrikaanse superstêr! Daar was baie lanklaas ‘n jong sangeres wat soveel potensiaal, talent, deursettingsvermoë, karakter en algehele x-faktor gehad het soos Nicky de Kock. Sy behaal sukses in alles wat sy aanpak, want sy het reeds op hierdie jong ouderdom geleer om altyd 110% te gee. Nicky het ook W.P. klere in hekkies en is ook ‘n A-kanidaat by Laerskool De Hoop in Somerset-Wes waar sy woon. Sy het ook hierdie jaar by die Stellenbosch Eistedfod se Solo sang, sowel as Duet sang, met Cum laude geslaag. Haar CD is die perfekte mengsel van liedjies wat in almal se smaak sal val, van 10-90 jaar oud. Dan het sy ook nog die land se top liedjieskrywers gekry om vir haar te skryf. Johan Oberholzer, seker een van die beste Afrikaanse liedjieskrywers van ons tyd, het vir haar die groot treffer op haar album: Meer as genoeg, geskryf. Dan het Emil Struwig, ook ‘n bekroonde liedjieskrywer, 3 liedjies vir haar geskryf. In die mik van my hart is ‘n baie oulike jong “liefdesliedjie” wat ‘n baie wye mark sal tref. Jy’s die Lighuis is ook ‘n pragtige liedjie van hoop en vertroue en dan is daar die heel mooiste ballade: Oupa jy is Superman vir my, hierdie liedjie is spesiaal vir haar oupa geskryf, wat haar baie ondersteun in haar musiek loopbaan. (Hy was self op sy tyd ‘n lid van ‘n paar orkeste). Dan is daar ook ‘n baie lekker treffer op haar album, wat so reg in haar skoolmaaitjies se kraal val: Sal jy my “loomband” dra? is ‘n baie oulike skool-vriendskaps liedjie wat al die jonges kan saamsing. Daar is ook ‘n Engelse liedjie op die album: “Music” wat sy self geskryf het. Behalwe vir al hierdie treffers op haar album het sy ook seker die beste verhoogpersoonlikheid wat ek nog ooit in ‘n 11 jarige gesien het. Sy het soveel energie en selfvertroue op die verhoog, dat die gehoor nie anders kan as om deel te voel en hulself gate uit te geniet nie. Dit is natuurlik in haar gene, want soos haar oupa, was haar ma ook in die vermaaklikheidswêreld. (sy was ‘n aanbieder op die destydse, baie populêre K-TV Kids club Dan het Nicky ook sopas klaar verfilm aan haar eerste Afrikaanse rolprent. Sy speel die jonger weergawe van die vroulike hoofrol, gespeel deur Donnalee Robberts. Die film word ook deur Ivan Botha en Donnalee Roberts vervaardig. Die film se naam is “Vir Altyd” en word Februarie 2016 vrygestel. Hou maar hierdie jong dame goed dop, want sy gaan beslis nog lank ‘n bekende naam in Afrikaanse musiek wees! VIR MEER INLIGTING KONTAK: Louis van den Berg by 0824727786 of Louis.vandenberg1@gmail.com |
|
|
|
|
|
|
|||