Welcome To Radio SAM-South African Music

Musician Links




 
 
 
 






















RADIO SAM - SOUTH AFRICAN MUSIC
MUSICIANS:



Bok Van Blerk


Bok (Gewildes Musikantus)
Hierdie is die vermaaklikste boksoort en is bekend daarvoor dat hy musiek maak wat die kol tref en by alle Suid-Afrikaners aanklank behoort te vind. Hou ook sy lyf gereeld akteur en spog met meer as 163 000 volgelinge of Facebook, 105 000 op Twitter, CD verkope van by die half miljoen en ‘n lang lys toekennings.
Gebore op 30 Maart 1978 in Pretoria, het hy na skool Boukunde en Konstruksiebestuur gestudeer voordat hy vir sewe jaar lank in die boubedryf gewerk het. Maar die passie om musiek te maak het hom voortdurend daaraan herinner dat hy iets anders wil doen en teen 2005, het Bok bouwerk van ‘n ander aard aangepak deurdat hy as professionele musikant aan sy bewonderaarsbasis begin bou het. Vier albums en ‘n hele rits toekennings later, is Bok een van die land se mees herkenbare stemme en gesigte in die vermaakwêreld, veral nadat hy oor die laaste drie jaar ook gereeld in Suid-Afrikaanse films te siene was.Bok se musiek spreek van ‘n liefde vir sy land en sy mense met ‘n sweempie humor wat hier en daar bygevoeg word. “De La Rey,” die eerste album met die gelyknamige titelsnit, het mense laat regop sit en notisie neem en multi-platinum verkope is behaal. In 2007 het Bok drie Huisgenoot Tempo Toekennings gewen, asook vyf Vonk Toekennings en die MK Musiekvideo van die Jaar. Tussendeur dit alles, help hy ook met die vervaardiging van die rugby musiekalbum “Ons Vir Jou” wat meer as 90 000 kopieë verkoop soos wat Wêreldbekerkoors die land oorheers. Daar word ook gewerk aan die opvolgalbum, “Afrikanerhart,” wat in 2009 vrygestel word en vinnig dubbel platinum verkope aanteken. In 2010, wen Bok die SAMA vir Bes Verkopende Album vir “Afrikanerhart” en word hy ook aangewys as die top verkopende Suid-Afrikaanse kunstenaar van die jaar.
N
a die vrystelling van sy derde album, “My Kreet,” skaars ‘n jaar later, ontvang hy ‘n goue ere-toekenning by die 2011 Vonk Afrikaanse Musiek Toekennings. Dis ook in 2011 wat Bok as die hoofakteur in die film Platteland verskyn teenoor Lianie May en Steve Hofmeyr. Die rolprent word die grootste Afrikaanse film van die jaar en die DVD verkope bereik dubbel platinum status. Die situasie herhaal homself in 2013 toe Bok in die film “As Jy Sing” verskyn en dit die grootste Afrikaanse rolprent van die jaar word. Rondom dieselfde tyd wat die DVD vroeg in 2014 uitgereik is, verskyn Bok weer op die grootskerm in “Vrou Soek Boer.” Bok gaan ook in “Leading Lady,” ‘n internasionale rolprent wat later in 2014 vrygestel word, verskyn.  En hoewel als in groot geheimsinnigheid gehul is, is daar ook bevestig dat Bok aan nog ‘n ander rolprent gaan begin skiet in 2014.
Bok se vierde album, “Steek die vure aan,” word tydens Braaidag en Erfenisdagverrigtinge in 2013 bekendgestel aan ‘n handjievol media, mede-kunstenaars en lojale bewonderaars wat vinnig genoeg kaartjies kon bekom. Verkoopsukses is hoofsaaklik te danke aan die gewildheid van die eerste treffer, “Land van melk en heuning,” ‘n tipiese Bok testament van kragtige lirieke, ‘n dieper betekenis en iets wat trots aanwakker. Die CD was die top verkopende album in die land vir ses weke en “Land van melk en heuning” het die nommer 1 posisie op verskeie radiostasies se treffersparades gehaal. Die tweede treffer is die titelsnit self en het reeds die nommer 1 posisie behaal op verskeie stasies, insluitende beide Jacaranda FM se treffersparades, die Afrikaanse Top 20 en die Kia Top 20.
Bok is mal daaroor om te toer en optredes te hou. Twee persoonlike hoogtepunte vir hom was die eerste Afrikaans Is Groot konsert in 2012 voor ‘n skare van 28 000 mense in Pretoria en die daaropvolgende jaar se Afrikaans Is Groot konserte in Pretoria en Kaapstad voor 70 000 mense. Die DVDs van die konserte het ook onderskeidelik dubbel platinum en platinum status bereik met laasgenoemde wat steeds van die winkelrakke afvlieg. Bok is ook ‘n direksielid van die Afrikaans Is Groot Bestuurskomitee en ‘n aktiewe lid van die Hanna Liefdadigheid- en Bemagtigingsorganisasie. Hy het ook reeds twee keer deelgeneem aan die Bikers for Mandela Day inisiatief.Bok glo vas daaraan dat bewonderaars nie altyd besef hoe baie hul lojaliteit en erkenning vir kunstenaars beteken nie. Juis daarom maak hy ‘n punt daarvan om met hulle te kommunikeer en op die hoogte te hou van waarmee hy besig is, hetsy by konserte of deur sosiale media. Daarvan getuig die meer as 120 000 volgelinge op Facebook en die meer as 68 000 Twitter volgelinge. Naas die bewonderaars, is Bok ook baie trots op sy assosiasie met borge soos Blaser, Sensation Boats, Samsung, Guvon Hotels, Titleist, The Dental Spa en Kingsley Heath en maak hy seker dat hulle gelukkig is met hul verhouding met hom.
Bok is ook mal daaroor om saam met ander kunstenaars te werk en het reeds liedjies opgeneem saam met Steve Hofmeyr, Valiant Swart, Robbie Wessels en Die Heuwels Fantasties. Hy is ‘n gewilde persoonlikheid in die Suid-Afrikaanse media en verskyn gereeld in koerante, tydskrifte en aanlyn, asook op radio en TV. Op TV het Bok ook al as aanbieder verskyn op programme soos die eerste seisoen van Toks & Tjops, gasaanbieder van Jukebox en Bok vir Sports waarvan die nuwe seisoen in 2014 vervaardig sal word en vroeg in 2015 uitgesaai sal word. Bok het selfs sy stem dik gemaak op die radiogolwe en in Maart 2014 vir drie dae lank as Anna Visser se mede-aanbieder op OFM se Breakfast Special verskyn. Bok se belangstellings en stokperdjies sluit in, die buitelewe, diepseehengel, jag, gholf, die bosveld en braai.
“Dis in my bloed. Ek geniet musiek maak. Geniet is miskien nie ‘n sterk genoeg woord nie. Ek is mal daaroor. Mal daaroor om te sien hoe mense aanklank vind by my lirieke, hoe hulle saamsing… mal daaroor om te hoor by my bewonderaars hoe ‘n liedjie hulle lewe geraak het of net hul gemoedstoestand gelig het. Ek voel geseënd om te kan sê ek geniet wat ek doen.”


As jy op die hoogte wil bly van Bok van Blerk se planne en optredes, sluit gerus aan by hom op sosiale media:
Twitter: @BokvanBlerkReal
Facebook:
Bok van Blerk
http://bokvanblerk.co.za/



Bobby Van Jaarsveld


Pieter van Jaarsveld
, known publicly as Bobby van Jaarsveld (born 6 March 1987) is a South African Afrikaans language pop singer-songwriter and actor. He is best known for his song Spieëltjie and his role in the South African film Liefling - Die Movie.

Early life
Van Jaarsveld was born on 6 March 1987 in Paarl. He matriculated from Brits High School.

Music
Bobby van Jaarsveld joined the music industry at the beginning of his Grade 12 year when his first solo album was released by Bler Music in South Africa.

Van Jaarsveld received three nominations for Best Newcomer in 2006, from the Klein Karoo National Arts Festival, from local music magazine, Vonk, and from Huisgenoot Tempo magazine. Van Jaarsveld won the category Best Newcomer at South African festival Skouspel Extravaganza, hosted annually by Huisgenoot at Sun City in the Super Bowl. As winner of this category, he performed at the festival, and continued to do so from 2007 to 2011.

In November 2006, Theuns Jordaan Productions offered van Jaarsveld a recording contract. His first album, 'n Duisend Ure (English: Thousand Hours) was repacked and redistributed with a new look and sound. Album sales reached gold in March 2008. In May 2008, van Jaarsveld began to perform with his own band.

His second album, Net Vir Jou (English: Only for You), was released in October 2013 by Coleske Artists. All tracks on the album were written and composed by van Jaarsveld. Album sales reached platinum status within eight weeks, and have since reached double platinum status with sales of 83,500 units.Songs from the album include Spieeltjie (English: Mirror) and Net Vir Jou, and music videos were created for both tracks.

In January 2010, van Jaarsveld was awarded the Viewers' Favourite Artist award for 2009 on DKNT, a local music program on DStv.

Film
Van Jaarsveld acted as the lead character in the Afrikaans film Liefling – Die Movie, which was released in November 2010 by Hartiwood Studios South Africa. The film had a total of 460,000 viewers and fetched R16 million at the box office. He also starred in the film As Jy Sing in 2013.

Personal life
Van Jaarsveld is a professed Christian. He is married and has two sons, Sion and Leben.His sister, Karlien van Jaarsveld, is also a singer.

Awards
In 2010/2012 van Jaarsveld received the following awards:

  • Sama Awards – Best Afrikaans Pop Album - "Net vir Jou"
    Tempo Awards – Best Afrikaans Song – "Spieëltjie"
    Tempo Awards – Best Afrikaans Pop Album – "
    Net vir Jou"
    Vonk Awards – Best Male Artist
    Vonk Awards – Best Afrikaans Pop Album – "
    Net vir Jou"
    Vonk Awards – Best Original Song Writer
    Vonk Awards – Best Afrikaans Song – "Spieëltjie"

    MK Awards – Category Best Solo – "Net vir Jou"

    MK Awards – Category Best Pop Song – "Spieëltjie"

    Ghoemas Awards – Song of the year - "Kan ek met Jou Praat"
    90.6 FM Stereo – Top 15 Artist
    Tempo Awards – Most Popular Male Artis

    External links


    Website
    bobbyvanjaarsveld.co.za
 
 
 
Biografie
 
Meer oor Theuns Jordaan

 

Theuns Jordaan is op 10 Januarie 1971 gebore en het op ‘n plaas naby Venterstad, 30km van Bethulie, grootgeword. In sy matriekjaar aan die Hoër Volkskool Graaff-Reinet het hy sy liefde vir rugby met ‘n kitaar begin deel. Ná skool is hy weermag toe, daarna na die Universiteit van Stellenbosch waar hy ‘n B.Ekon.-graad verwerf het.

Dit was ook op Stellenbosch waar Theuns al meer begin sing het. Op 21 Oktober 1992 het hy vir die eerste keer voor ‘n gehoor in die kuierplek The Terrace opgetree met ‘n paar rand en ‘n pizza as enigste betaling.

Met sy graad in die hand verruil Theuns in 1998 Stellenbosch vir Pretoria en by die KKNK van 2000 word sy debuutalbum, Vreemde Stad, vrygestel. Vreemde Stad word een van die suksesvolste debuut-albums nog ooit in Afrikaans met verkope wat reeds verby die 210 000-merk is.

Die langverwagte tweede album, Tjailatyd, word by Aardklop in 2002 bekendgestel en ook hierdie album se verkope is reeds by bykans 220 000.



Die kitaarspeler Anton L’Amour begin gereeld saam met Theuns optree, ‘n samewerking wat vandag nog deel is van Theuns se loopbaan.
In November 2005 word Seisoen vrygestel en hierdie keer is L’Amour in die regisseurstoel. Seisoen sorg ook vir rekordverkope met meer as 115 000 CD’s wat verkoop is. Theuns het dus met slegs drie albums verkope van meer as 500 000 behaal.
In 2007 besluit Theuns om sy sewe jaar as professionele sanger op een album saam te vat. Grootste Treffers word in Maart vrygestel en verkoop byna 85 000 tot op datum.
Op 28 Maart 2008 word Theuns en Juanita du Plessis se Bring Jou Hart op DVD vrygestel. Dis ‘n reuse sukses en daar word ook ‘n CD vrygestel. Die DVD se verkope was 105 000 en die CD ‘n ongelooflike 120 000.
Theuns was nog altyd ‘n groot aanhanger van die musiek van Koos du Plessis en in April 2009 word Koue Vuur vrygestel. Dit behaal binne twee maande platinumstatus en die verkope staan tans op meer as 100 000.

2012 is ‘n groot jaar vir Theuns. Nie net stel hy sy vyfde solo-CD, Roeper, vry nie, maar hy en Juanita werk weer saam op Hart Vol Drome.
Roeper is een van 2012 se grootste verkopers en boer lank op die topverkoper-lyste van platewinkels en programme soos RSG se Top 20 en DKNK. Die album se verkope was in Maart 2013 reeds by bykans 115 000, maar die handvol Ghoema-toekennings wat die album in April 2013 gewen het – onder meer vir album van die jaar - het beteken dat dit later die maand wéér op RSG se Top 20 was.
Theuns is met sy diep rasperstem nie net ‘n uitstekende sanger nie, hy het ook deur die jare sy staal as liedjieskrywer gewys. Verskeie groot treffers – Soos Bloed, Jou Asem, Roeper van My Hart en Net Voor die Storm Kom om net ‘n paar te noem – is uit sy pen en daar is beslis nog ‘n paar wat wag om geskryf te word
.

http://www.theunsjordaan.co.za/


 
 
 

 

 

Die blinkste ster aan die Suid-Afrikaanse musiek-uitspansel is ons eie Platinum prinses, Juanita du Plessis. Sy is lank reeds gekroon as ons land se top Afrikaanse vroue-kunstenaar en sy gaan nie gou van haar kroon afstand doen nie.
Juanita se roemryke loopbaan het in 1998 afgeskop met haar debuut-album “Juanita” . In dieselfde jaar wen sy verskeie toekennings en dit was toe reeds duidelik dat Juanita se liedjies wèrk!   Na baie gebede en wag verskyn haar tweede album “Ek en jy”, Ska-Rumba was die bonussnit.  ‘n Suksesverhaal met vele mylpale word geskryf.  ‘n Klompie skitterende, suksesvolle albums sien die lig en in 2003 word Juanita die eerste Afrikaanse sangeres wat die nr. 1 posisie op RSG se amptelike Top 20- treffersparade haal en drie weke agtereenvolgens bo-aan bly!
(Die treffersparade behels beste verkopers in SA- plaaslik en internasionale albums)

In die volgende vyf jaar verander die meisie van Suidwes se lewe drasties. Die Du Plessis-gesin het intussen hul geboorteland, Namibië en Gobabis (hul tuisdorp vir 5 jaar - op daardie stadium) agter gelos en hulself gevestig in Pretoria.   Nog albums sien die lig en Juanita herskryf weereens die rekordboeke toe haar algehele verkoopsyfer in 2010 die 1.6 miljoen merk bereik.  Haar tweede Gospel-album, “Vlieg Hoog” (2007), is aangewys as die Top Afrikaanse Gospel-verkoper van alle tye.

In 2012 behaal Juanita 'n mylpaal wat sy nooit vir haarself kon indink nie. Sy word die eerste kunstenaar in die Afrikaanse geskiedenis om 2 000 000 albums in Suid-Afrika te verkoop.

Juanita du Plessis se loopbaan spreek van roemryke prestasies, kosbare mylpale, nederigheid en toewyding, en die toekennings op haar kerfstok oortref diè van die meeste kunstenaars in Suid-Afrika.


WIE IS JUANITA?

JUANITA DIE MENS

“Ek is ‘n doodgewone vrou; ‘n ma wat elke dag my droom en passie lééf!  Ek is ontsettend dankbaar vir wie ek is, waar ek is en wat ek het... Ek wil elke dag die instrument wees om mense aan te raak deur my musiek, hetsy om hulle te laat lag, te laat huil, te bemoedig of net beter te laat voel oor die lewe en dalk ‘n bietjie hoop te kan gee. Dit is ‘n geweldige voorreg en eer om hierdie instrument in God se hande te kan wees. Ek glo dit is my uiteindelike skeppingsdoel hier op aarde.”

Juanita se bewonderaars beskryf haar as stralend, vriendelik, pragtig, opreg, eerlik, bemoedigend, vertroostend, inspirerend, belangstellend, bedagsaam, ’n rolmodel, ‘n liefing… ‘n engel! Haar familie en vriende beskryf haar as Godvresend, saggeaard, deernisvol, liefdevol, innoverend, professioneel, vasberade, doelgerig en ‘n voorbeeld van nederigheid.

 

HOOGTEPUNTE

Juanita sê dat elke “eerste” ‘n hoogtepunt was, soos haar eerste goue album, die eerste platinumalbum, eerste dubbel platinumalbum, eerste Noot vir Noot, eerste Skouspel, eerste voorblad, ensovoorts.  Haar top hoogtepunte tot dusver:

  1. Eerste Huisgenoot Skouspel (2002)
  2. Eerste nommer een plek op die SA Top 20 (2003: Jy is). Sy was die eerste vroulike  kunstenaar wat dit kon regkry!
  3. Eerste tydskrifvoorblad (2002: Keur, saam met Kurt Darren)
  4. Eerste No
  5. Eerste goue album (2001: Ek en Jy)
  6. ot vir Noot-optrede (2001)
  7. Haar ontmoeting met Joyce Meyer en die optrede by haar konferensie in Johannesburg (2007)
  8. Albumverkope wat die eenmiljoenkerf tref! (2008)
  9. Die album Vlieg Hoog word die grootste gospelalbumverkoper nóg in Suid-Afrika; oor die 180 000 enhede (2008)
  10. Die optrede by Loftus vir Jesus – met ‘n skare van oor die 72 000 mense
  11. Die album Volmaakte Kring – wat binne twee weke ná uitreiking dubbel platinumstatus bereik het
  12. Die DVD (Bring jou hart) saam met Theuns Jordaan maak geskiedenis. Top verkoper DVD van alle tye in Suid-Afrika!
  13. Die album (Engel van my hart) wen die SAMA vir beste popalbum en topverkoper (“dis vir my ‘n hoogtepunt omdat ekself die regissieur van die hele album was”)
  14. Die Ghoema Diamant Toekenning vir beste Afrikaanse verkoper in die geskiedenis van SA! (“Dis my grootste toekenning ooit!”)
 
 
 
 
 
 
 
 
 
 

 
 
 
   
 
 
 
   
 
 
 
 






























Merken
  PARTNER LINKS POLLS VOTEINGS SAM EXTRAS
RADIO SAM EVENTS
OUR TEAM ADVERTISE
MEMBERS GEST BOOK
MUSIC VIDEOS RADIO EENDRAG RADIO STATIONS NEWS LETTER  
  FORUM FAN PAGES CONTACT ROOI BOK SOKKIE EVENTS SITE MAPS SA SINGERS CHAT BOX LINK LIST  
  SPONCERS OUR LINKS TOPLIST BOERVOLK RADIO COOK BOOK TRAVEL RADIO INFO LINKS  

Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden