Ek wil persoonlik 'n baie groot dankie uitstuur vir almal wat gister aanwesig was by
Rooi Bok Sokkie Events vzw - Afrikaans musiek se festival, ook al was dit maar in gedagte wink emoticon My liewe man Eelco Van de Pol, dankie dat jy alles doen wat ek vra, selfs al wil jy eitnlik al omval! Jy is my steunpilaar en ek is baie lief vir jou xoxox Dankie Rentia Thackeray en Shaun Richard Thackeray vir die kinder hoek en braai, elke standhouer, baie dankie dat julle so professioneel was en alles mooi skoon agtergelaat het... dit help baie! Dankie aan my skoonouers Hans en Petra Van de Pol dat ek nie een sekonde moes worry oor my kinders en huis nie! grin emoticon Dankie aan Kokima vir 'n pragtige venue, ons gaan beslis terugkom! Mense hulle doen allerhande events, trouwes en partytjies wink emoticon Dankie Martie Sempels, sonder jou verkoop 'skills' en boekhouding was die cd en wynverkoop 'n ramp! Dankie alle vrywilligers, en ook alle sangers. Julle is almal awesome gewees smile emoticon Maak seker julle vertel almal, hoe meer mense kom, hoe groter die line-up word! Afrikaans gaan Groot in Belgie !!! Dankie Hugo en Nádine dat julle kom kyk het... dankie almal wat ek vergeet om te noem!!! Dit was sommer net perfek!!!
|